Jongste aktiwiteit:

Vreemdeling met ‘n fiets

VREEMDELING MET ’N FIETS Daar is ’n losieshuis – Vryheid – net duskant Vaalvlakte, dolleeg behalwe vir ’n weduwee en haar dogter wat ’n eenvoudige lewe saam voer; waar niks meer saak maak nie, waar eensaamheid deel is van ’n bestaan in afsondering. Dat juis hiér ’n man met ’n fiets ’n einde sal bring […]

Read More

KRONKELPAD

Haar lyf is sy kronkelpad; ’n reis oor ronde kurwes, gladde rante en heuwels. Vyf perde galop op die kruin van ’n knopperige berg. ’n Veer se kielie in haar nek – tot sy palm streelsag afdraand gly en prikkelend glip oor twee sandduine. ’n Liefkoos-oomblik toe hy ferm teen die wal afbeweeg, haar voete […]

Read More

My Gebed vir ‘n Boer

PROJEK : GEBEDEBOEK VIR BOERE Hierdie projek het ten doel om die belangrikheid van die boer te beklemtoon en terselfdertyd fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die idee van die gebedeboek moet die boodskap dra dat die inwoners van Suid-Afrika omgee vir die boere en besorg is oor hul veiligheid. Die tema vir […]

Read More

GOUE PÊRELS

Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai. Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur geblus. Stroopsoet, stil is die nag […]

Read More

SKOENE VAN GRANATE

Niks is uit sy plek nie. Die groenvyekonfyt staan netjies gepak; in ’n ry, etiket na voor, een agter die ander. Glashouers vol sagte suikerappelkose met rooi wange en swart niekkerbôlls staan ‘n vingerbreedte uitmekaar. Buite koer, kir en roekoek ’n paar duiwe in ’n groot koelteboom. In die blink vertoonkas weerkaats rakke vol ou […]

Read More

DIE KRITIKUS

ORRELIS Ek sing my hart uit voor ’n swart plank op ’n leë verfblik; my gesangeboek balanseer teen ’n baksteen, my vingers gly op en af – ek is ’n orrelis in my verbeeldingswêreld. Ek kyk kamma-kamma na die note voor my, blaai om, trap met my voete op die onsigbare pedale en trek aan […]

Read More

BRUIDSBOS

Hulle sê jy loop nie sommerso deur Bruidsbos nie. Dis godsheilig daar; jy loop kaalvoet deur die bos as jy soontoe gaan. Dan vra die mense hoekom dan so godsheilig? Dis omdat daar net spierwit groei, wit-blom-goed, reinwit maagdeblom en konfettibos. Wanneer jy Bruidsbos besoek, moet jou kop oopte hê. Jy moet ’n mot wees […]

Read More

SKOENE VAN GRANATE

Niks is uit sy plek nie. Die groenvyekonfyt staan netjies gepak; in ’n ry, etiket na voor, een agter die ander. Glashouers vol sagte suikerappelkose met rooi wange en swart niekkerbôlls staan ‘n vingerbreedte uitmekaar. Buite koer, kir en roekoek ’n paar duiwe in ’n groot koelteboom. In die blink vertoonkas weerkaats rakke vol ou […]

Read More

WINTERNAG

Pa voel nie te wel nie. Die winterkoue sluip rond; ’n ongedierte sonder genade, verstrengel jou met ysige kloue, ’n vriesende asem wat in jou nek blaas. Selfs deur die blink houtvloer syfer die koue deur – bring saam die reuk van vloerpolitoer, stinkhout en klam grond. Die groot los mat is vaal, skif getrap […]

Read More

BRUIDSKAT

Twee kleedjies gehekel vir die rusbank en een vir die gemakstoel. Sy is amper klaar met die laaste een. Die patroon is nie te ingewikkeld nie – soos die tafelkleed vir die eetkamertafel. Hoe lank het dit haar geneem? Die hele winter. Genade tog, dan kom Elsa ook nog kort-kort kyk hoe ver sy is. […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed