Jongste aktiwiteit:

Letters (Silwer)

Op papirus pryk geskrifte inkswart gegrafeer pronk hul soos figure op bladsye gedrapeer parfuum ‘n ryke geur as ink en perkament trou en bladsye in eenvoud in boekvorm toevou vloei hul soos riviere vorm ‘n verhaal vertel van vele feite oor elke volk en taal beskik letters oor ‘n mag om wysheid te kan bied […]

Read More

Onweersdag (Silwer)

Vanoggend treur my ruit sonder skaamte of verweer in slierte loop sy trane huil hy aanhoudend in koue weer.   Die wind treur sy hartseer suis deur gebreekte glas sy stem goël deur spasies waar eens ventsters was.   Die wolke hang in donker soos n kombers met veredons omvou moederaarde ‘wyl blitse om hom […]

Read More

Vryheid met ‘n prys (Silwer)

Waar branders weerbarstig breek teen rotsrand van die bou-bloue see; sproei spattigspeel teen kliprots val en terugtrek in die water se maal,   brekende golwe die wye strand bekruip; klotsend teen die goue sand duik om in skuimkomers weer saam te kom; in die see as eenheid saam te drom.   So draai die lewe […]

Read More

My dag in die kollig (Silwer) (Woorde 983)

Die skemer het klaar agter die grense van die weste begin inkruip en die donkernag met sy spikkels van sterre het gelydelik verskyn. Dis ‘n soel someraand in Desember. Die voertuig kom tot stilstand in die skoolgronde. Ek klim vinnig uit, opgewondenheid borrel soos gaskoeldrank uit ‘n strooitjie in my maag. Vanaand verskyn ek en […]

Read More

Musiek magspel -As die musiek my gemoed verander. Silwer (227 woorde)

Melodie en harmonie – geskryf op ‘n musiekblad waar die note ingeryg hang teen die basis van swart balke tussen tessituur, maar sonder die kuns van ‘n instrument wat klank in ritme speel, of ‘n stem van ‘n sanger wat lirieke oor kan dra, sal melodie en harmonie nie ten volle hul doel kan bereik […]

Read More

Oggend (Silwer)

Die dag se breek lê vars op die horisonlyn waar helder sonskynstrale soos goud in die lug verskyn.   ‘n Voëlgesang van jubel klank in simfonie op; ‘n koue somersbriesie streel deur die hare op my kop.   Ek teug die kraakvars lug tot daar waar asem brand ‘wyl ek die oggendstond besigtig van elke […]

Read More

My prisma in Sy lig (silwer)

So is die mens dan, ‘n prisma sonder lig; steenkool onbewerk geen heerlikheid in sig.   ‘n Simbaal sonder klank wat stil in weëmoed wag, ‘n viool sonder snaar wat stom na klanke smag.   Maar Hy kom met genade, Sy woorde val in kleur en laat viole en simbale klank is soete geur.   […]

Read More

Silwer rand

Die ego van stiltes praat in alle taal, vertel van letselharte as eensaamheid neerdaal. Die koue van die winter, sny in sekelseer, klou soos gletser ys aan ‘n harstverweer. Die storms van die wind dwarrel deur onthou, breek storms los wat in heimwee omvou. maar Die donder van die weer wat bitsig blitse spoeg onthou […]

Read More

Heimwee Verlange (Silwer Klas)

Heimwee verlange Dit speel af soos ‘n film, gisterjaar se onthou. Geliefdes se beelde wat in my geheue omvou. Die vassteek van stemme in die holtes van my siel. Soveel liefde, maar ook soms met verniel. Die krane van my hart lek met eb en vloed se trane, oor die gemis van my mense oor […]

Read More

Gister en nou (Brons)

Verborge in my doolhof se nou-nouer gange, verdwaal ek in my emosie, verwens ek my verlange wat geanker lê in jare se onthou van bitterseer toe hartsverweer se trane my lewe sou beheer. As oujaar sy gedagtes oor my herninneringe waai en die prentjies van verlede in my verstand rondblaai grou hartseer hom in my […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed