Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Koekekranka se profiel


  • die branders terg my
    elke uitspoel soompie
    wit borrelende skuim
    baken elk sy eie strepie

    die diepste verlange
    ver van my is U nou
    eeue ver verwyder
    net waar liefde skyn

    Meester diep verlange
    U[…]


  • in die wolke sien ek myself
    sweef soos ‘n meeu alleen
    myself aan die wind verleen

    in die duine se blommeprag
    weerkaats my stem so skor
    soos witbors kraai se gemor

    in elke brander se g[…]

  • Tearlach wrote a new post, ver 1 dag, 23 ure gelede


    oor die blou golwe
    sweef ek as meeu

    soms voel dit asof
    ek te ver weg gaan

    sien ek die plekke
    déjá vu geskerm

    voel dit alles groot
    te groot vir my kop

    reis ek na nêrens
    op wolke van mi[…]


  • vanoggend lê die mis skielik dik
    gister was stilte voor die storm
    sterk winde het gekom en gegaan
    deurnag alles verander wat bestaan

    wat gister waarheid en kultuur was
    het vanoggend wakker geword sonder[…]

  • Tearlach wrote a new post, gereed 5 dae, 1 uur gelede


    die see lê kalm en wag
    op die horison troon daar
    vurige blou wolke van reën
    elke natuurkind sit op gereed
    meeue sweef senuagtig rond
    op my duin sit ek en wag
    saam met alles en almal
    op Sy genade van b[…]


  • doekvoet se stappie kraam
    houvas aan jou lewe jong
    dalk word jy kos vir ou-jong
    daar tussen riete geraam

    snags wei katte in sprong
    duik hulle suisend en jaag
    sag bekruip hul jou traag
    vroeg blaas[…]

  • Tearlach wrote a new post, laars 6 dae, 15 ure gelede


    girts-garts trap die laars
    opgerits tot bokant die knie
    slof-en-stap uithou stap

    swaar gelaai skouers vas
    toegerits tot bokant my ore
    krom-gedra klam gesweet

    verbewe lê jy nou daar
    ingeweef in[…]

  • Pragtige vers, en baie welkom hier tussen ons digters. Ek is maar een van die ouskool straatdigters, maar geniet goeie digwerk. ha ha


  • hoe het die helde geval
    skarlaken drag en helmet op
    deurweek met gierigheid se lus
    het hulle die wêreld geblus
    gestroop van goud en klip
    verguis en vermoor
    elke opponent
    se eggenoot
    en nasaat

    gister[…]

  • Tearlach wrote a new post, bewus 1 week, 4 dae gelede


    daar is ‘n wis
    met elke taak bewus
    van Sy doel met alles
    met elke brander
    wat uitkring
    oor strand

    laat jou wis
    altyd bewus wees
    van Sy genade wil
    oor jou en joune
    Hy is in beheer
    ja gewis

    ©Teãrlach


  • ek hou van ‘n man
    wat sy man kan staan
    digters speel met woorde
    verplaas onvergeetbare gedagtes
    om vir dekades in enersdenkende breine
    te kan dien as norme vir die uitstaande
    wie sal (bly)staan as die v[…]


  • bakstaan
    agter vier osse
    rooi met wye horings
    afrikaner-osse met krag
    vastrap seun, die son trek water
    draai kort daar net voor die boom
    van kort-draai na watertrog
    van inspan na uitspan
    dagbreek tot[…]

  • Tearlach wrote a new post, wyk 2 weke, 2 dae gelede


    donker gedagtes
    duister gevoelens
    die swart perd
    wat runnik
    wyk satan
    dit is nie
    ‘n versoek nie
    dit is ‘n bevel
    ewig en heftig
    wyk van my af weg
    in die Naam van Hom
    wat jou oorwin het

    ©Teãrlach

  • Tearlach wrote a new post, stil 2 weke, 3 dae gelede


    Vader ek word stil
    my lewe is ‘n lied
    gesing op krakerige
    wysie van ouderdom

    Vader ek bly stil
    U teenwoordigheid
    demp my klanke
    tot dank-gebed

    Vader ek word stil
    dankbaarheid is m[…]


  • een oog het vir ander gesê
    hou jy ons op die regte pad
    ek sal na die ander kant kyk

    mooi het vir lelik gesê
    bly jy net mooi vir die oog
    lelik het toe gaan skuil

    geluk het vir ongeluk gesê
    lag en si[…]

  • Tearlach wrote a new post, jy 2 weke, 5 dae gelede


    sag het jy ingekom
    bril-wetend het ons jou aanvaar
    bromponie-geluide het jy gelaat
    alles saam was jy maar net jy
    snags en bedags was dit jy
    as ons omkyk was jy daar
    in ons weg gaan was jy
    onverwags het jy[…]

  • Tearlach wrote a new post, vrede 2 weke, 6 dae gelede


    vrede vir julle
    het Hy aan hul gesê
    wel wetend dat hul
    min vrede sal hê

    vrede vir jou
    en ook vir my
    al het ons Hom
    nooit gesien

    dit is gesigloos
    dit lewe binne jou
    in skerpste pyn
    straal dit u[…]

  • Tearlach wrote a new post, soos 3 weke gelede


    jare word korter
    hoe ouer ek word

    gister voel al
    soos eergister

    môre het al
    reeds begin

    soos golwe
    ewig spoel

    so spoel tyd
    by my verby

    die wind self
    is te tydelik

    my[…]

  • Tearlach commented on the post, wat is 3 weke, 1 dag gelede

    Baie dankie Anze


  • wanneer die golwe intrek
    en laagwater soos ‘n dam lê
    krioel dit van klein vissies

    meeue sit soos ‘n tapyt
    en duik kop eerste om te vang
    verorber bekke vol vis

    dan, sê dié wat weet
    gooi jou aas ne[…]

  • Laai meer