Jongste aktiwiteit:

Enkeldoring

Enkeldoring: “ek wag nog vir die een wat kan deel sonder oordeel in my vreemde verspotte oorgee oomblike … TOG langs my bly staan in my stiltes… EN my liggies aanraak en weet hoe diep dit lê die seer hier binne wat ek op ligter noot probeer verdryf” ©Renz-Poetrydancer 22/06/2017 04am

Read More

Groen vlerke na die Boland

“môre groet goud die horison metgesel ‘n laaste Avondé” “sentimentele lirieke refrein engine dreun skut en raas Terwyl wiele baanblad verlaat” ” ‘n hart klou magneties saam terwyl voete gravitasie bestrydend baan meegesleur soekend in ‘n Eb-gety ” ©Poetrydancer

Read More

Skildermaan

Skildermaan: ritmies trap harmonie op die maat van jou lag met jou oë sag strelend die lyne vingerpunte bloeiselblom wanneer kerslig maan skilderkwas op jou pallet ©Poetrydancer 23/04/2017

Read More

Boomgom

boomgom wanneer hartverskeur trane kristaliseer verskyn daar ‘n glinstering ‘n wolkekring met sout in die wond word dit tog gesond wyl tyd vervreem so het ek verneem eendag dalk ‘n reëndag miskien ‘n wolkbreuk met ‘n donderslag wat het jy vermag deur jou kasteel in die lug te bou waar drome plafonpanele bots staccatto allegro […]

Read More

Hier Lê

hier lê: woorde wat oor my lippe nie wou struikel gedagtes ‘n dowe fluistering emosies weggepak ‘n kartondosie so tik-tok die horlosie stil sit ek in donker vertrekke bly jy maar net ‘n Sprokie die verhaal ‘n vreemde taal ©Poetrydancer 06042017

Read More

Marionet

Marionet: popstrooier meester mooi verniel gekniel toutjies gevleg ek jou kneg verstrengeling jou onderdaan gin meesterplan be-aam laaste pluk hand uitgeruk ledemate verstrooi tussen glasskerwe van Rosè getooi… ©Poetrydancer – 21/04/2017

Read More

Koffie versugting

Kaffiene versugting “suiker sandkorrels wat wag… wag…en wag… vir die dag… waar liefde arg slaap jy ook sag… en diep diep, diep smelt jy weg ondertoe onder wonder toe waar harte pêrels verdwyn en my verlange kwyn die soet op my tong belei jy het my verlei kaffiene my nicotine my endorfiene vir ‘n oomblik […]

Read More

Hunker

Hunker: jou stem ontwaak die horison jou oë bespied die vlaktes ‘n leeu opsoek na sy prooi wanneer sal die hartstog dooi verslint my met jou mond ek dan jou prooi smalend die maal jou liefdestaal opgepof uitgetooi heuwels van aanbidding versugtend starend verward sal ek die woorde spreek of bly ek maar net ‘n […]

Read More

Akantus Verslag

Akantus-verslag: jy is diep geplant hier binne gewortel en sierlik gekleur… jou oë magnetiese krag deeglik bewus van hul mag ek staar bewonder jou prag hoor jou tentakel lag jou kus tevergeefs gesmag brand verterend Akantus van my hart ©Poetrydancer (07/02/2017) *Akantus: doring agtige sierplant

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed