Soms breek die reënboog aan die rant van storms deur die grys prisma en spat `n tooisel kleur waar die horison in draakvorm vir my loer: op hierdie Maandagmôre wat self sy blou verloor het is jý vir mý ook so `n belofte dat die ongenooides nié sal hinder waar jy vir my jou lig […]
Die branders trek tot anderkant laagwater hul soutwaterkloue oor die sand – dit herinner aan jou wat eb en vloed my lewe in en uit en nie vastrap soek sodat `n bietjie mos houvas kan kry nie: die gehardloop sal nie uitkoms bring nie; die monsters wat jaag is verskuil in `n eie skadu wat […]
Dit is koddig en naragtig dat die wat nie régtig weet hoe seer jou weggaan gemaak het nie, vir my wil vertel dat tyd genees – minute wat sleepvoet tot ure jare later in kamma-maak pleisters gebind is, maak kwalik heel wat die dood by my gesteel het; híérdie hiaat sal geskikter bly omdat nie […]