Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • Rina pos n nuwe plasing 1 jaar gelede

    Wanneer jou lewe aan ‘n draadjie hang
    Het jy al gevoel jou lewe hang aan ‘n draadjie?
    Hoeveel keer al? Hoe dun… of dik was daai draadjie?
    Mens, wat was daai draadjie?

    Hierdie jaar was die slegste en tog ook die beste in ‘n lang tyd.

    Ons almal het Covid beleef, herleef, oorleef.
    Dit het positiewe en negatiewe gehad.
    Dit laat my dink aan daai ou gesang:
    “op berge en in dale en oral is my God;
    waar ons ookal mag swere, daar is God.”

    En het ons nie die berg geklim en soms op ons agterente in die dale beland nie!
    Ons het sowaar, wel, actually swerf ons steeds. Die omstandighede het net so bietjie meer “bekend” geraak … want ons is voorwaar aanpasbaar. Of is ons?

    Hierdie laaste paar maande het wraggies nogal soos “rock climbing” gevoel.
    Ek wonder hoeveel van onsavonturiers het hierdie berg as lekker beleef?

    Ek is nie ‘n avonturier nie, MAAR ek is ook nie bang nie.
    Ek dink … dalk net meer rustig, versigtig.
    Lag ek nou vir myself – dalk net pleinweg onfiks!

    Hoe dit ookal “say”, daar is nie een klip onaangeraak nie.
    Hierdie virus het ons almal beproef op meer as een vlak.

    Kyk, as dit nie vir daai “rock-climbing” lewensredder tou was nie, sou ek myself ten dood geval het.
    Daar was tye wat ek net nie meer kon nie. Nie my voete nie, nie my bene nie, nie my arms nie, liewe mens … nie my kop of lyf of ‘even sanity’ nie. Die sigbare, tasbare was skielik weg soos die onsigbare krag en moed.

    Kyk, daai tou het ‘n freeken garing draadjie geword en daai harde dooie rotse vlammende lewendige monsters. Dit het alles verNIETIG. Sjoe, toe gebeur presies dit. Ek besef wie en wat ek regtig is. NIETIG, NIKS, NADA.

    En gelukkig tel dit nie net vir my nie. Nope, dis ons almal. Ek het nuus vir jou – ons almal se lewens hang aan ‘n draadjie! Dis dalk net die materiaal, kleur, dikte wat verskil maar tjomma… jou lewe hang aan ‘n draadjie! Min van ons het dit besef want ai, dit was mooi-weers- en mooi-rots-dae. Dink jouself bietjie in jou omstandighede, jou toestand intern en ekstern in.

    Hang jou lewe aan ‘n draadjie? Wat is daai amper stukkende draadjie? Geduld, finansies, jou waarde, jou gesondheid, jou huwelik, ander verhoudings, werk, emosionele gesondheid? Wat is reeds gebreek, wat hang aan ‘n enkele garingdraadjie wat amper daarmee heen is?

    Glo jy vir my liewe vriend, vriendin, kennis, leser, broeder, suster. “I know the feeling”!!! En op baie meer as een vlak. Ek dink ons almal doen. Ons loop net met die goed binne onsself rond. O hel, ons maak daai gewig swaarder, daai tou toutjie garing word al dunner. Maar toemaar, ek weet … wat de hel help dit om met ander te praat? Hul kan niks verander nie. Wie kan jy in elk geval vertrou. Wie sê hul draai nie sommer om en knip jou draadjie vir jou nie? Nee, ek gaan nie nou negatief word nie. Ek sien myself nie as negatief nie. Meer as ‘n ‘realis’ en soms nogal prakties.

    Is daar nie ‘n draad wat ons ‘aan die lewe en aan die klim’ gaan hou nie?

    Liewe nietige mens – en tog ook tot meer instaat as wat ons besef het – daar is EEN goue draad deur die Bybel – HY, LIEFDE, GENADE, LEWE.

    Hy wat die Israeliete deur die rooi see laat trek het, Hy wat die dood oorwin het! Die begin en die einde.

    ‘Ons kyk in ‘n dowwe spieeel en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons ten volle sien.’

    Maar al wat ek nou sien is … jy liewe leser … jy weet presies wat ons sien … maar gelukkig is daar ‘n ander lewe en ‘n ander draad. Byt vas, nee, moenie vasbyt nie – jy het die hare op jou tande nodig! Vou jou hart en jou hande, nie van moed opgee nie MAAR JUIS IN GEBED en AFHANKLIKE ONTVANGKLIKHEID om wysheid en krag te ontvang by die EEN wat jou draadjie in ‘n kabel kan verander!

    • Anze antwoord 1 jaar gelede

      Rina dis n pragtige stuk. Lees asb by die aansluitingsopsies asook Lees meer oor INK waar ‘n stap vir stap aanwysing is hoe om plasings te maak sodat almal dit kan lees