Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Riana Crafford

Biografie

Biografie:

Ek is gebore Biografie:

Ek is gebore in Johannesburg, kort daarna verhuis en grootgeword as Kalaharikind langs die benede Oranje.
Maatskaplik studeer op Wellington, was ‘n paar jaar werksaam in Pretoria, waar ek ook as model en Internasionale beoordelaar gewerk het by Cleopatra Internasionaal. Vestig my daarna in die Bosveld vir ‘n aantal jaar terwyl ek my eie modelskool gevestig het.
Studeer teologie deur die Universiteit van Calvary.
Maak die groot skuif na die Wes Kaap waar ek as sendeling werk vir die NG Kerk. In hierdie tydperk het ek ook my eie Bediening gevestig, Institute for Life Skills Development, ‘n studieboek geskryf oor Lewensvaardigheid wat vertaal is in Engels en Xhosa. Saam met Departement Landbou hande gevat en ontwikkeling gebring het op plase in hierdie verband. Baie uitreik aksies gelei saam met Operasie Mobilisasie van Amerika en ook Pastorale Berading gedoen. Die menslike psige lê my baie na aan die hart, huwelike, verslaafdes, enkelouers en kinders lê gebroke langs die paaie van die lewe.

Ek is ‘n gepubliseerde skrywer en het ook al die voorreg gehad om in 7  bloemlesings te verskyn en ‘n bundel vyn my eie vry te stel. Ek is ook ‘n liedjieskrywer en my onlangse liedjie is deur Storm Music productions opgeneem.

Skryf en dig was van jongs af ‘n passie vir my, so ook skilder, skets, musiek fotografie en dans. As gevolg van my Teologiese loopbaan is die kunste beslis op die agterbaan geskuif. Die laaste paar jaar het ek my egter weer grootliks begin toelê op die digkuns. Die natuur is in my bloed en geniet ek dit om my lesers weg te voer na al die lieflike areas in ons land, maar ook na die argitektoniese wonders en prag van ander wêreld dele. Daar’s eens deur ‘n digter geskryf, ”as jy die voorreg het om deur ‘n digter bemin te word, sal jou naam verewig voort bestaan”, gewis is dit so dat liefde en seer deur alle digters besing en betreur word, mag ons pennevrug vir die geslagte na ons behoue bly.

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed