sal jy steeds staan neffens die draad, teen die son as die honde met bloed en skuim om bekke huil teen die maan; as die mislikreën teen die venster tik-tik, tik-tik en die son gaan skuiling soek vêr onder die venster waar droog die kosmos laat blom? © stella strellips: retoriese vraag in een vers, […]
die reuk van oggendlyf eggo steeds teen die binnemuur wat met voornagwarboel, sekuur die smaak van pyn weg kon vryf en die eksegese van òns teks kon beskryf; uur na uur verder, verder weggedryf na werklikheid van nèt wens waar gister se soet en lyflief steeds, weer die bitter skink; weer (en weer) verskuif die […]
want die mooi-mooi van cameo en sondagbaadjie versteek die hartseer van oorjas en voorskoot; plooie en kommer (voor perfekte huis) waar tandarts en suster die geheimenis agter sonstoep en paisleygordyn in (bo)kombuis die sy-my of hy-my die grys van werklikheid verstoot: vurkvrede, Godsgebede
en die leeus en monsters van die diep blou see het die brood en wyn met vraatsug weggesluk; krummels weggevee en onder die swellings van branders en varsvrotvleis die genadeboot omgetiep; die kuil se vloer het steeds spierwit, bloedloos die eggo eggo eggo teruggeskree; en die leeus en monsters van die diep blou see het […]
neffens die karavaan van onverstaan het spore weggeraak tussen sand en berg, waar onthou-vergeet swart skoene los teen die adres van môre wyd het stiltes geskree; wens het geskink tot waar die weet van sandaalspore (gegiet in plêstiek) my altyd-vergeet sal vreet en gister? Vrede: nuwe inwoner.