Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • Joviaal baljaar skepe waaghalsig
    op kaalrug van wit skuimperde
    sjooesp, sjooesp, sjooesp
    openbaar hul van hul vaart
    tartend lag ’n seemeeu kakelbont
    kir, kir, kir, kir, kir, kir
    swewend op kielie van wind
    treiter h[…]

  • Dorstig reik aarde hemelhoog
    helder skyn son gaapwekkend neer
    in dof-groen houtlywe se vingerpunte
    sing geveerdes troosteloos en hartseer
    geen hoop is gou in sig nie
    om dag mee blink te smeer
    asgrys versteen ons[…]

  • Taai commented on the post, Sonneblomtyd 1 jaar, 5 maande gelede

    Jy kan my uitdaag tot dieselfde onderneming. Ek sal dan ook onderneem om kommentaar te lewer op gedigte.

  • Ek was te jonk
    toe almal met opgehoue asem
    jou geboorte in spanning
    vasgenael tyd afgetel het
    jou fanfare dag het toe aangebreek
    met kort asemteue jou lewe begin
    gou het jy stil jou babaskoene ontgroei
    om diep[…]

  • Sag soen reën dorre aarde
    vanuit kors bars sonneblomme juigend
    groen reikend na bloue hemelruim
    bot geel glimlagte wat verbly
    gehoorsaam volg aanbidders vuurbal getrou
    tot dorstyd aanbreek vir hul.
    © Taai Bonthuys

  • Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was hierdie jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys.[…]

  • Sjuut! … volg my stilletjies
    kom saggies op jul toontjies
    ons gaan vanaand gou loer
    waar feëtjies, hul danse uitvoer

    kyk … daar skyn ’n floue lig
    hul dans by ons waterkuil met sterlig
    sjuutjies op jul to[…]

  • Pastiche
    (met apologie aan Eugene Marais se ‘Is daar nog trane’)
    Speel jy met my blikaspaai
    winkend deur goue rooidag gety
    borrelend vanuit diepe maag gekraai
    koekeloer lag vir my
    koekeloer lag vir my?
    op sko[…]

  • Met gehunkerde oë
    hou grootjies die ingang dop
    afwagting kom kuier diep
    in hul harte soos van ouds
    maar tyd stap stadig aan
    met geen geliefdes in sig
    dan doen teleurstelling skielik
    ’n vreugdevolle dans
    vat pos en[…]

  • Ek wil in woorde verlore raak
    myself letter vir letter behaaglik toevou
    al tonekrul-dansend op ewig verskuiwende woordduine
    wil ek woordkorrels skaterlag hemelhoog opskop
    sodat dit smeltend om jul neersak
    ek wil[…]

  • Onder stilte van nag se asemhaal
    groei ons liefdesvuur vir komende dag
    my hart sing soet ’n ander taal
    onder alwetende maan se lag
    ek wil vir jou drome gaan pluk onder sterreboog
    ons liefdesvuur daarin toedraai v[…]

  • As ek kon
    sou ek hoog bo sweef
    oor ‘n berg
    by suidpunt
    waar Afromontana woud
    klou aan ooste hang
    sien ek weer
    my Tafelberg-vrees
    spoel deur my
    wens ek kon
    daar bo gaan staan en aanskou
    prag van Moederstad.
    ©Taai Bonthuys

  • Baie dankie! Sal beslis vorentoe nog sulke vertellings plaas.

  • Nog voor die haan se eerste kraai
    en daeraad skaam oor die Oosterkim loer
    terwyl die res van ons nog sluimer-slaap
    onbewus van die dag se woelinge wat roer
    getrou is die melker op sy pos
    besig om duisende liters[…]

  • Taai se profiel is opgradeer 1 jaar, 11 maande gelede

  • Ek sien uit die hoek van my oog
    geskok hoe jy verby laat spat
    aangehits deur honger beoog
    jy my koskas se kos te vat
    vanuit veilige hoogte spat
    moordende gille om my rond
    ‘n kleine muisie het gevat
    en laggend l[…]

  • Druppels val
    maak my bang
    nat word ek
    trippel dans
    wat dan nou
    koud bly ek
    aarde juig
    les sy dors
    groen word dit.
    © Taai Bonthuys

  • Grote griet! Dis ’n inmekaargedraaide, ineengestrengelde koekerasie van epidermiese proporsies wat ek nou hier aanskou. Selfs ’n kraaines sou skoon skaam kry as dit langs hierdie koekerasie moes kom staan. In my[…]

  • Kopkantelend skater somer breed
    haar lag dans vrolik onbevang
    op maat van uitgelate voëlgesang
    blommeprag, haar wonderskone kleed
    een oggend vroeg kom mis met kraakvars kleed
    hy hou haar hand in syne[…]

  • Fontein-trane stort neer oor barre land
    waar smagtend my drome lê en beef
    hoop volg skugter, smelt diep in hartwand
    fontein-trane stort neer oor barre land
    waar son ewigdurend geesdriftig brand
    daar kan my hart[…]

  • Laai meer