Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Tearlach se profiel

  • Vonnie en Profiel foto van AdriAdri is nou vriende 1 week gelede

  • Vonnie en Profiel foto van FeliciaFelicia is nou vriende 1 week gelede

  • Vonnie en Profiel foto van IronLadyIronLady is nou vriende 1 week gelede

  • skryf oor jou lippe
    wat weet die dood van woorde

    soos jou stilstaan bewegings
    asemhaal in jou asemlose wese

    en jou drome nog van papiervliegtuie droom
    wat weet dooie woorde

    en skynbare waarhede jou nog[…]

  • Oulik hierdie, ek kan nogal deesdae hiermee vereenselwig

  • Oor velde heen
    Klink voëlgesang vrolik en luid
    Tree blombestuiwers aan vir diens, gereed
    Om nuwe vrug te laat ontluik
    Buig natuur afwagtend en
    Eerbiedig, met vars oortuiging
    Reikhalsend na somer se[…]

  • in my drome swem gedagtes rond
    ver in die hemelruim verby
    reik ek uit na die sterre
    en vang hulle een vir een
    op die melkweg langs
    waar jou hande my omvou
    tussen wolke sweef ons heen

    soos ingelegde sterre[…]

  • enig in verskillende soorte
    kry jy dit by die markte
    vir jou om jou mee te stut
    wie kon nou raai dat die ouderdom
    jou so sal jaag
    te kies en te keur
    staan hul daar in die hoek
    reg vir elke dag se[…]

  • vergryp jou nie aan drank
    terwyl jou lewe aan skerwe spat
    diep gaan lê die stank
    die euwel laat lê jou plat

    walglik is dit in die oë van ander
    slaan jy jou eie naam met ‘n plank
    nooit sal jou probleme ve[…]

  • ons is leeg
    krom onder die stilte en
    tog blaas die laaste lentegeure
    oor ons afgeslotenheid en
    beeldkleur
    eensaamheid na
    ryk sielsvreugde

  • Orante of leeubekkies
    kry skalkse kyke
    terwyl hulle huppel in die wind.
    oor Oktober hulle
    blomme laat bloei
    en hulle reuk laat
    rol oor heuwels heen.

  • Orals
    kyk jy blomme, van
    tjienkerientjee tot
    orgidee en oumakappie.
    By rivier en vlei en
    êrens, selfs in die barre Karoo,
    reg tot verby Kamdeboo.

  • Ope helder tuin
    Kleurvol met varsgeur blomme
    Tier geurig en vrolik
    Ontvou vinjettig uit hul heuningpotjie
    Bloeisel vir bloeisel
    Elkeen ‘n lus vir alle oë
    Reuke vul die lug van bo.

    Silwer

  • O, mooiste maand
    Kom kelk oor aard’ jou fleur
    Tros welriekende balsem
    Oor laaste winterreste
    Bot gul nuwe verwagting om
    Eersug aan te wakker, en
    Rugsteun somerglans met vreugde!

    ©Driekie Grobler

  • Zebulon Kochk Lid se profiel foto het verander 1 week, 6 dae gelede

  • Die waaiende gras
    na die huil van wind
    uit ons wye plek wegkarwei
    en by die plaashek vir my
    engelduif gewag

    maar sy het nie teruggekom nie

    net ‘n blinde staar
    wat is ek sonder haar ?

  • Ek wil jou in ‘n bottel bêre
    in die binnesee van my siel
    sodat ek eendag weer kan onthou
    hoe jy my hart laat klop het
    toe lig deur my vingers wou glip
    toe vryheid in my
    om my
    vlerkloos gefladder he[…]

  • Trots en passie
    taal van jou hart
    sonder woorde
    soos ‘n sonstraal dans

    Skyn oor
    die skoonheid van elke blom
    liefde het verhelder
    jy was

    Die rede vir alles
    in my lag, in my hart
    my vrees, my[…]

  • In ‘n nuwe huis
    (met ‘n glasruitstort)

    Dis suiwer seën
    soos die stort
    al my stofstrepe
    en sukkelswaardra
    wegspoel.

    Die druppels reën
    en dit word
    genadegrepe
    sonder dat ek vra,
    en voel

    net soos r[…]

  • As ‘n afdruk van rouheid pers uit die lippe soos weerspraakte
    woord of geswetse oomblike aanspraak maak oor ons tafels
    mag die genot van hul lewe, jou bevry O’ mede lanterfanter

    mag hulle jou inkleur soos[…]

  • Laai meer