Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • Anita van der Walt pos n nuwe plasing 3 maande, 2 weke gelede

    Meisje met de Pereloorbel

    Verewig op ‘n skilderdoek is jy meisie met die pereloorbel aan.
    Kon die skilder jou waarde bepaal, in jou swart agtergrond bestaan?

    ‘n Deugsame vrou, se nut, is ver bo korale, so word bepaal.
    Verstommend, Salomo se ma het verwag, ‘n vrou, weet sy moet dit behaal.

    Almal se soete hartseer laste moet sy met ‘n glimlaggende trane gesiggie dra.
    ‘n Goedopgevoede vrou, uitstaande, beeldskone perel moet sy wees vir haar man, dis wat skoonma vra.

    Skalks loer ek na myself, in ‘n knipooggende spieël, na my foto, binne my gewete.
    Nè? …aan my oorlel, is daar ook ‘n pereloorbel, is my gewirwarde lewe, ook daaraan afgemete?

    Ek is ‘n vrou, wie se lewe, gehalssnoer deur ander se gewronge lewensuitkyk,
    En in my honderde lewensjare weet ek, ek het geeneen se verwagtinge bereik.

    Waarom dan, is my eie afgemete selfwaarde vir my waardeloos?
    Is my sprankelende, my koraalryke menswees dan so kosteloos?

    Die beloftes in U woord, het ‘n pleganker vir my geword,
    vir my, U skepsel, kosbaar genoeg, het U, U bloed gestort.

    Die dwaasheid van my prillejeug, het verander in ‘n koordans.
    Want vergifnis, vreugde, liefde en aanvaarding bring ‘n lewensbalans.

    Sal my perelwaarde ooit verewig word op ‘n skilderdoek?
    Vir almal om te sien, eeue na my dood om ook te besoek?

    Sou ek op’n skilderdoek, in ‘n storieboek of ‘n foto verewig word
    moet die opskrif duidelik lees: ‘n Hemelse perel, met Christus se liefde omgord.