Jongste aktiwiteit:

Net na dagbreek het ek jou vers gelees

(goud) Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe as skopsuile in die donker roep en as jakkalswelpe huil, hoedat die kras van honger meeue in die holte van my oor kan skuil, dat ek die fluitsang van ’n suikerbek wil eggo met my mond en dat ek wis hoe duisend hoewe dreun as […]

Read More

Bloedmaan-Karoo

op ’n ander Karoonag het die maan bloed gebloei; roes het haar wang in die donker gegloei wat is dit dan aan die maan en haar lig – sy heel jou, sy breek jou sy word ’n gedig wat binne jou sluimer en wag op ’n woord wat jou siel met jou sinne laat rym […]

Read More

Vlugtend

Vlugtend ek vlug soms deur my ruite na plekke ver van hier na daar waar sonskyn in die winter oor die wye velde vuur waar gras soos warm goud op ’n koue middag gloei alvoor die skemer in die nadag soos rooi granate bloei ek vlug soms deur my ruite na ’n plek waar jy […]

Read More

Kaap van storms

(goud) Ek onthou nog hoe winde huil deur klowe – ’n fluitend treursang wat droefenis belowe, die riete se geritsel in die newelstof net voor die eerste reuse druppels teen my kamerruit ontplof die gerammel van die donderweer, die krrraaakkkinggg deur die lug, die Klap! Klap! Klap! as die bliksems breek oor Karbonkelberg se rug […]

Read More

Stormkaap

  Ek onthou ’n dag van stormweer toe die wind gehuil het deur die klowe met hartbreek-fluitend melodië só asof sy groot droefenis belowe. Buite het ’n woeste vlaag riet wild laat ritsel in die newelstof net voor die eerste reuse druppels teen my kamerruit ontplof. Die gerammel van die donderweer, die krrraaakkkinggg deur die […]

Read More

Die pers heks van Blommeland skryf weer ’n wintervers

My liefling, dis weer winter ek verlang net (dis maar al) soms as dit so koud is en die reën so aanhou val. Maar vandág, my lief is dit mooiweer in die Kaap. Die wolke (wat so grou was) is na elders weggeraap. By Houtbaai se hawe vlieg die seevoëls salig, vry oor die bote […]

Read More

Junienag

buite woed die winde en reën die aarde nat ek hoor hoedat die druppels teen my nag se ruite spat dagbreek lê nog ure ver wolke verberg die glans van sterre en planete wat midde duisternis bly dans maar daar by jou is dit nou ope oor ’n grasveld en ek glo die melkweg giet […]

Read More

Om vry te wees – soos berge

(goud) Die bolande se berge lê uitgestrek voor my; die kranse en die klowe paradeer millennia se verhale by my hunkeroë verby. Hoe vry moet dit nie wees nie om vir ewig so te lê nie (terwyl fynbos teen jou hange groei, wingerd aan jou voete bloei) en die hele wye hemel as jou ope […]

Read More

Ligteling

(goud) Ligteling Sal daar ooit weer só ’n tyd wees soos toe ek kind was – vry van klae en kommer, geen kennis van die wee; al wat ek onthou is die pad na sonnestrande en die duisende dae by die see. Hoe warm was die strale teen my lyf, hoe gewigloos kon fotone hul heelalslig […]

Read More

In my ma se tuin was daar ’n vyeboom

Mamma as ek kon sou ek vandag ’n draai by jou wou maak met melktert en geel blomme en sjokolade na jou smaak ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot; die paadjie na jou voordeur loop en aan die riffelruitjies klop ek sou langs jou sit op jou voorhuisbank en later deur jou tuin […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed