Jongste aktiwiteit:

LEWE IN PAPIER

wanneer water leivore loop
voel ek my eens weer klein
in ‘n skippie van papier
wat geluidloos vaar
verby piramides my stuur

en verlangend na dae vol
geil beloftes van môres
wat seilspan teen die wind

waai geure heerlikhede
sintuiglik gelaai en smake
in bekers oorlopens vol

gepak in musiek klankkaste
staan stories bokse vol
boeke vir my gemaak

is ek maar nog hier binne
opgevou in origami
wat kan oopvou
en nog altyd…

MCDb.




Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed