Jongste aktiwiteit:

Liefde sag soos satyn.

Dis in jou as vrou
dis in jou blik
wat my laat val
deur jou skoonheid

dis in die kroon van die Skepping
dit bruis deur my are
dis in die duiseling
ʼn vonk uit jou oë
dis in die klank van jou stem
die nektaar druppels van die liefde

dis in die weë van die mens
dis in die jolyt
hier diep binne-in…

dis jou fluweel sagte lyf
waar die liefde blom
in elke oomblik
tussen jou en my
dis in die teenswoordigheid
waar die liefde geen einde ken

in die môre óf in die hede
dis in die ragfyn
dis in die rein
van die liefde

waar geluk
geoes
word…

11/01/2016 om 19h20.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed