Liefdes verklaring.
Die weg van liefde mag soms moeilik wees,
laat ons op hierdie pad wakker wees my geliefd.
Ware liefde pas by twee gelukkige geliefdes,
so sal hierdie liefdesweë wat ons bewandel,
nie in een dag kom nie.
Meer as een het hard probeer om die liefde te verklaar.
Dis nie ʼn liefde wat ons so-maar-so uit onsself kan doen nie.
Om liefde op ʼn meer interessante wyse uit te lê,
kyk, dis nou die tyd van liefdeswoordjies.
Dit mag ʼn gedurige selfverloëning beteken,
vergeet wat agter is en strek uit na wat voor is,
sinsverandering en wilsverandering is ʼn kunsbegrip.
Liefde is dan mos ook iets wat binne in ons moet plaasvind,
te meer sal hierdie liefde ʼn heerlike verrukliking wees,
vir ons wat langs hierdie liefde daartoe gekom het.
Liefde kom van Christus, daarom kan ons dit ook wedervaar,
maar die loon is; hoe ons hierdie liefde ontgin.
Alles wat ons nodig het,
is tog in Christus aanwesig!
4 Kommentare
-
-
neels
arnold hierdie is vir my n treffende werk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Pragtig