Jongste aktiwiteit:

Lonende slawe Woorde 353

Lonende slawe

*

Die lewenswiel draai by die dag al meer in ʼn voortsnellende vaart wat nie meer gekeer kan word nie.

Oupa het altyd gespog oor sy kinderdae. Daardie sprokieswêreld wat net in kinderboeke gelees kan word; dan het ek verlang om ook in sulke tye groot te word.

My lenig geboude pa, daarenteen het net weer gespog oor al sy sport prestasies. Ironies … so hartseer … geen woord gerep van hoe my oupa se dae ingekleur was waar hy in Moeder Natuur vrylik kon asemhaal.

Oupagrootjie was nie ʼn ryk of arm man gewees nie, maar baie ryk in eie ervaringskennis wat hy uit die natuur opgedoen het. ʼn Eens gewese harmonieuse wêreld wat ongenaakbaar omgedolwe word in die soeke na edel metale.

My pa het al die elite se juk op sy nek gevoel. Geleerdheid is die sleutel tot sukses is hy mee gebreinspoel: ‘jy maak soos ons jou voorsê as jy in die lewe se welvaart wil deel’. Ons nuwe tuiste word besoedel met menslike rommel en giftige suurstof inname.

Al hierdie gedagtes het weer vlam gevat, toe die Juffrou my vra: “In watter rigting stel jy belang om te studeer?” Op die stadium kon ek nog geen antwoord vind nie, want Oupagrootjie was nie meer daar om my te help nie. Oupagrootjie moes seker met die helm gebore gewees het. Alles wat hy van my pa en die nuwe rigting, wat die mens wil inslaan, gesê het, het net so gebeur in baie mense se lewens.

Al Pa se moets en moenies en dagloon, het beswaarlik siel en liggaam gevoed. Na Pa se dagskof … het ook vreemde woorde by die huis ingesluip oor al die korrupsie in sy daaglikse swoeg en sweet.

Ek moet kies tussen vryheid of deel word van slawerny. Elke aspek in die lewe is vasgevang en gekoppel aan elektroniese vooruitgang. Iedere beweging van my jong voetspore word gemonitor deur kameras en my slim-selfoon. My kosbare geykte geuiterde woord of sinsnedes word gebruik as getuie teen my eie woorde.

Ek en nog menige verslaafde siele het lonende slawe geword vir fortuin jagters met ʼn onversadigde aptyt.

*

©Arnold

26 April 2024 om 08:36




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed