LYDINGSWEEK.
“Ek is die Almagtige.”
“Deur my Vader gestuur.”
“Ek is vir jou die lewensbrood.”
“Ek is die Ewige Weg en Deur.”
Na die Kruishout op Gólgota
Hy is verraai vir silwer en jota
Hy is tot sonde gemaak
laat ek tog net ontwaak.
Sy genade wat my voed,
die stof drink hongerend Sy bloed
om die prys te betaal
waar ek so menige maal faal.
Maak die hart van klip
om U genade nie te ontglip
dat ek my sal verootmoedig
en sal leef tot U verering.
8 Kommentare
-
-
Koekekranka
Ek kan maar net be-aam: O, die wonder van verlossing deur Sy bloed!
-
Kiekies
Onverdiend en vrylik deel Hy dit mee! So absoluut puik!
-
Anze
pragtig Arnold!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Arnold ek moet vir jou sê dat ek die gevoel kry dat die Heilige Gees jou inspirasie was in hierdie treffende werk