
Ma Kamers
op studente bed
lê klere muf gebondel
smag na bietjie seep
soek pad na ma waskamer
om terug te kom
as skoon materiaal
kennis is gebondel
in papierboeke
bits eboeke
biblioteke vol diverse rigtings
amper vry
is die studie materiaal
die paaie is gekaart
na ń gladde verderf
ma se bederf,
ń nou biblioteek gang
my ma se mikpunt
altwee kos haar kapitaal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.