Jongste aktiwiteit:

Maart 2023 – OOP projek: Kommentaar en uitslae

Baie geluk aan hierdie 12 lede!

Wenners

Gedigte

GOUD:                                   

1ste -No. 32         Andries Fourie met As sonette begin sing en dans

2de – No. 26        Caren Kearley met Swyg

3de – No. 23       Loretta Szikra met As die skeelkus kon praat

SILWER:                                

1ste – No. 11       Zebulon Kochk met Droomeggo’s

2de – No. 16        Elize Kruger met Oor groenigheid en goeters

3de – No. 20       Zebulon Kochk met Lente simfonie

BRONS:                                

1ste – No. 17       Drienie Joubert Kelly met Skink vir my die heelal

2de –  No. 18       Drienie Joubert Kelly met Die spoke van duister

3de –  No. 25      Elna Kruger met Ma Marthie

Meningstukke:

1ste – No.1          Ano met Steeds kaalvoet, swanger en minderwaardig

GEEN / GEEN

Rubrieke:

1ste – No. 4         Ano met Integriteit, meer as net eerlik

2de –  No. 3         Marlene Erasmus met Die onveranderlike sekerheid

GEEN

Artikels:                                

1ste – No. 1         Marlene Erasmus met Tegnologie: Kunsmatige Intelligensie

2de –  No. 2         Ano met Alleen of eensaam?

GEEN

Verhale:

1ste – No. 5         Hennie du Toit met Idiome

2de –  No. 6         Johan J Van Rensburg met Tsholo se ark

3de –  No. 2         Fanus Strydom met Kraggereedskap in Kopenhagen

Lees die wen inskrywings hier: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/

KOMMENTAAR

Gedigte

BRONS

    2.Oorlog wat niemand sien nie

As ‘n digter’ n vers ontwikkel, moet jy besluit in watter persoon die vers gaan gebeur. Jy begin jou vers in die eerste persoon (my siel) daarna wissel jy tussen ons en jou wat dit in tweede of derde persoon laat afspeel. Dit verwar die leser. Jou vers kan vir seker voordeel put uit die gebruik van punktuasie. Nader aan die einde van jou vers (wat die skoot gaan vuur en verder) lees ek onsamehangende idees (gedagtes) nl. (bionet, swaard, weegskaal en peleton) waaruit ek moet sin maak. Die idee van jou vers (wat die titel insluit) is interessant en het die potensiaal om in ‘n funksionele gedig omskep te word.

3.As niks leeg is

Ek dink jy wou eerder “eggo” in jou eerste sin gebruik anders as “ego”. Jy gebruik vreemde konsepte:

  1. nul is niks nie – waarom sou so dit funksioneel wees?

b.wanhopig se vrede – om wanhopig te wees is juis NIE vredevol nie!

Die woord “niks” word soveel keer herhaal dat dit steurend is. Ook met “stilte”

Die vers is vir my ingebeel ‘n konundrum en ek sukkel om die vloei daarin te identifiseer.

5.Hy skryf n nuwe gedig

By die beoordeling van geestelike gedigte vind ek altyd die onbenydenswaardige tekort aan varsheid. Ek oorweeg die vers vir struktuur en aanbieding, die aanslag en die ander akademiese benodighede wat verse oorwegend goed of minder goed maak. Ek trap ook fyn om nie die “gelowige” aspek aan te spreek nie, want dit kan as ‘n aanval gesien word. Jou vers is myns insiens geheel nie vars nie. Jy vertel die ou verhaal sonder om dit nuut en vars te maak.

6.Klaaglied van die aarde

Jy gebruik “Die vlakte” as bronteks vir jou vers. Dit is natuurlik een van Cilliers se langste verse, en daarom moet ek jou komplimenteer omdat jy vir jouself so ‘n groot taak op die hals gelaai het. Daar is sekere plekke in jou vers waar jy aspris antonieme gebruik waar ek bietjie kleitrap. Ek wonder in hierdie gevalle of die oorspronklike idee waarmee jy gestoei het tog tot vrugbaarheid gekom het. Jy het egter die taak keurig afgehandel. Jou vers self is ook lank maar dit lees tog ritmies en lekker. Mooi gedoen.

7.Hoeveel keer

Jou vers spring tussen die eerste en tweede persoon. Daar is plekke in jou vers waar die inligting onsamehangend en kripties voorkom. Ek dink punktuasie sou jou hierin kon help.

12.Vriendelike herinneringe

Die vers is lomp en woordoorbodig. Die konstruksie skort orde. Bekyk spelling. Ek dink die vers het Baie potensiaal maar ernstige redigering word vereis.

13.Soos die skraal windjie

Op sekere plekke werk die herhaling van die woorde mooi, maar dan weer is daar ‘n voortdurende herhaling wat mynsinsiens nie werklik bydra tot ‘n sterker vers nie. Ek hou van die gedig en selfs die ritme is melodies, maar ek stel voor jy doen effe redigering hieraan.

  1. Herfs

Wanneer ons in Afrikaans “verseker” gebruik, dan is dit slegs in die volgende gevalle:

  1. Ek verseker jou…
  2. Jou woning is verseker…

in alle ander gevalle is dit “vir seker” wat los as defnitief kan vertaal. Dit is n maklike toets; indien jy defnitief in plek daarvan kan gebruik dan skryf jy dit twee woorde as “vir seker”.

“Nagwind” sal een woord wees.

Die res van jou vers is keurig maar jy kan ook na die ritme kyk wat op plekke nie behoorlik strook nie.

  1. Wie is die mens?

Alhoewel ek dink die gedig het baie potensiaal en dat die gedagte daaragter meriete het, vind ek dit langsaam, woordswaar en op sekere plekke wil dit voel of die digter hom/haarself herhaal. Ek dink die vers kan baat deur die crux daarin te belig en die gedig aansienlik te verkort. Dit sal ook help om die boodskap daarin duideliker te laat skyn.

  1. Skink vir my die heelal

Maak seker dat jy die regte aksent op die ‘n gebruik. Die ritme en metrum in die vers is uitstaande. Die versugting is baie mooi en die jou rympatroon is raak en lieflik.  Baie mooi vers wat met ‘n oulike idee gevorm is. Welgedaan.

  1. Die spoke van duister

Die inhoud van jou vers is aangrypend. Die idee vir die vers is lieflik. Ek wonder tog of die ritme nie beter kon wees nie, maar dit maak nie werklik afbreek aan die inhoud nie. Mooi gedoen.

  1. Lafenis

Indien jy “opkyk” gebruik as ‘n werkwoord (aksie van n karakter) sal dit een woord wees. Maak seker as jy ‘n rympatroon skep dat jy nie net woorde insleep om dit te laat werk nie want daar is niks seker lelik soos dwangrym in poësie nie.

“maar die sweet drup nog steeds af teen my lyf se raam” waar die “raam” slegs gebruik is om met “saam” te rym. Niemand praat van ‘n lyf se raam nie en dit dien as ‘n goeie voorbeeld van hoe om nié rympatrone te skep nie.

Die idee agter die vers is ‘n mooi versugting, veral vir ‘n boer. Ek sal tog bietjie redigering hier voorstel.

  1. Son silhoeëte

Ek verstaan nie die beeldspraak in jou vers nie. Ek vind ook die vers op plekke onsamehangend en woordoorbodig.

  1. Vrystaatse donderstorm

Kort en kragtige vers. Ek kan geen kritiek in hierdie vers vind nie. Mooi gedoen.

  1. Ma Marthie

Die manier waarop die digter in dialoog tree met die “moeder” karakter is sag en teer. Die aanbieding is anders en geslaagd. Daar is plekkies waarin die ritme effe lol maar dit maak nie afbreek aan jou vers nie. Mooi gedoen.

SILWER

  1. Onmiddelik genees

Spelling: “voorheen”;

Ek betwyfel die feitlikheid in jou vers. Ek is nie bewus van enige blinde wat gesond gemaak is terwyl Jesus Sy kruis gedra het nie. Nou weet ek nie of jy die metafories hier bedoel nie, maar dit die ontneem van feitlike waarheid.

Die res van die vers is keurig.

  1. kleinste

As ‘n digter in die silwer klas deelneem en nie eens die Afrikaanse naam “Goliat” reg spel nie, kan en wil ek nie eens ‘n mening daaroor uitspreek nie.

  1. visie

Die gedig is keurig. EK het nie kritiek hier te lewer nie. Miskien was die “was” ‘n vingerfout?

  1. ‘n Versie vir jou

DIt is ‘n pragtige ode aan iemand wat spesiaal is. Ek kan nie kritiek hierin vind nie.

  1. Droomeggo’s

Dit is ‘n kragvers hierdie. Werklik mooi.

  1. oor groenigheid en goeters

Pragtige vers met ‘n lieflike ritme en mooi inhoud. Ek hou van die beelde en die aanbieding. Dit ritme is ook raak.

  1. Lente simfonie

Dit is ‘n kragvers dié. Pragtige beelde. Welgedaan.

  1. Jesebel

Ek weet nie of dit die beste weergawe van jou vers is nie. Die tipografie hierin, myns insiens, werk nie. Dit lees kripties en daar bestaan geen werklike ritme daarin nie.

  1. ‘n Generasie-fout

Die vers lees vir my soos ‘n opstel. Jy kan baat deur skerp redigering hierin toe te pas.

GOUD

  1. Ek voel vere

Dit is ‘n skerp vers wat goeie sosiale kommentaar lewer oor die huidige stand van sake in die land. Jy het ‘n goeie vers geskryf met ‘n goeie ritmiese rympatroon. Mooi gedoen.

  1. As die skedelkus kon praat

Dit is ‘n besonderse mooi vers. Die beelde hierin is pragtig en die aanbieding is baie mooi. Welgedaan.

  1. Swyg

Wat ‘n baie slim vers! Die inhoud is aangrypend en die aanbieding onoortroffe. Baie, baie mooi.

  1. Mensnuut

“spoor plekvol te maak” is ‘n besonderse mooi beeld. Keurige vers.

  1. Vertigo

Kragtige vers. Welgedaan. Geen kritiek te lewer nie.

  1. Noodweer

Wat ‘n besonderse beeldryke vers. Die menslike emosie wat afspeel teen die metafoor van wispelturige weerpatrone is briljant.  Mooi gedoen.

  1. Te ver

‘n Besonderse mooi vers. Welgedaan.

  1. As sonette begin sing en dans

Wat ‘n pragtige vers wat die digtelike patrone saamsnoer in ‘n beeldryke vers. Baie slim en welgedaan.

Meningstukke

1.Steeds kaalvoet, swanger en minderwaardig

Jy het ‘n sterk opinie gelewer en die skrywe is keurig. Welgedaan.

Rubrieke

1.As kind

Die rubriek is onsamehangend. Die aanbieding kon baat met punktuasie. Ernstige redigering is nodig.

2.Lewe in sekondes

Ek besef die rubriek hanteer ervaarde pyn en hartseer maar die aanbieding is onsamehangend en verwarrend. Dit is as of jy ‘n cersameling gedagtes gepen het met geen draad wat dit geheel bind nie. Redigering nodig.

3.Die onveranderlike sekerheid

Ek hou van jou rubriek wat keurig aangebied is. Die enigste flater in jou skrywe is dat jy JFK aangehaal het onderwyl dit eintlik Heraclitus waaraan die gesegde toegeskryf word nl. “Change is the only constant in life.”

4.Integriteit, maar as net eerlikheid

Ek dink jy neem ‘n belangrike saak onder die loep. Jou aanbieding is sorgvuldig en keurig. Die aanbieding is netjies. Mooi gedoen.

ARTIKELS

1.Tegnologie: kunsmatige intelligensie

Baie goeie artikel met sorgsame navorsing en bronne. Welgedaan.

2.Alleen of eensaam

Baie goed versorgde artikel met goeie en boeisame inligting. Goed geskryf.

VERHALE

1.Waar is my kous?

Dit is ‘n eerlike kinderverhaal. Pragtige ontwikkeling. Mooi gedoen.

2.Kraggereedskap in Kopenhagen

Jy het’ n besonderse talent vir skryf. Die dialoog en stories is mooi verweef. Baie goed geskryf.

3.Kattekwaad net duskant Keukenhof

Baie keurig verhaal. Goeie ontwikkeling van die karakters en die storie. Baie goed gedoen.

4.Sokker in die Bosveld

Oulike kinderverhaal. Mooi vertel. Maak seker dat aksente gebruik word waar nodig soos die umlaut.

5.Idiome

Dit is ‘n stukkie Afrikana hierdie. Uitstekend so met al die idiome.

6.Tsholo se ark

Baie goeie verhaal. Die ontwikkeling en ontsluiting is uitstaande. Welgedaan.

7.Oupa ons mis jou

Keurige verhaal.

8.Jong liefde

Is dit ‘n profesie of ‘n doodeenvoudig onskuldige verbeeldingsvlug? Die toekoms sal leer. Oulike verhaal.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed