Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

Maart 2024 – OOP projek – Uitslae en kommentaar

Baie geluk aan hierdie 10 lede!

WENNERS:
 
GEDIGTE:
 
GOUD:
(1) NO 27  Loretta Szikra met Winterfront
(2) NO 16  Andries Fourie met My hemelsestraat
(3) NO 15  Andries Fourie met Introspeksie

SILWER:
(1) NO 6   Colin Steyn met Uitgepars
(2) NO 8   Fanus Strydom met Liefdesdans
(3) NO 13 Colin Steyn met Poort na gister

BRONS:
(1) NO 10 Magda van der Walt met Bosveldhart
(2) NO 5   Net Kulu met Ikarus
(3) NO 7   Lollie met Sien jy

MENINGS:
(1) NO 4  Lollie met Skatryk
(2) NO 5  Ano met Slegte goed en goeie mense
(3) NO 2  Amanda De Meillon met Die dood van ’n kind

RUBRIEKE:
(1) NO 1 Ano met Resep vir geluk
(2) NO 4 Marlene Erasmus met Die groot woord: verhuising
(3) NO 2 Lollie met Toe ons nog kinders was

ARTIKEL:
(1) NO 1 Ano met Mensehandel, ’n modern vorm van slawehandel
(2) GEEN
(3) GEEN

VERHALE:
(1) NO 4 Amanda De Meillon met My Oupa-pa
(2) NO 5 Marlene Erasmus met Ouma se geheim
(3) NO 3 Amanda De Meillon met Sending Verlangekraal

Indien julle die wenplasings wil gaan lees klik op hierdie skakel asb: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/ 

KOMMENTAAR

Gedigte:
BRONS:

  1.  Ikarus

Ek hou van die gedig omdat jy beeldryk die storie vertel. Daar is egter reëls in die vers wat té lank is en daardeur die ritme versteur. Moet ook nie elke sin met hoofletters skryf nie, want dit is lankal nie meer die norm nie. Die herhaling van “sodat” en “oor” is onnodig en steurend. Jy weet so goed soos ek dat hierdie vers ongelooflike potensiaal het, en daarom raai ek aan dat jy gerus daaraan skaaf.

  1.  Sien jy

Dit is ‘n aangrypende onderwerp, wat natuurlik nou in hierdie tyd op die land se lippe is. Ek dink jy het jou redelik goed gekwyt. Ek sou voorstel dat jy funksionele punktuasie gebruik want daarsonder snel die leser deur die gedig en neem nie ‘n ruspose om die erns van hierdie saak te besin nie. Goeie sosiale Kommentaar.

  1.  Dorskreet

Hoe sien ek jou gedig?

“Die aarde se dorskreet breek oop in krake
– wenakkers staan biddende,
biddend met verskroeide kakiebos,
mielies se voossnik weergalm
wyl Bloekombos in treurige evangelie
oor rooi sandvlaktes sing –
boombas val grond toe
in halftraan afgeskeerde skille.
Tussen boom en bas
wys die kontoere nog ‘n droogte;
die lewenssirkel word in saad gesmoor
en trekkerspore lê moedeloos
in gister se hoop onvervuld. ”

Ek het baie aan jou vers gekrap, en vergeef my daarvoor. Ek wou net demonstreer dat punktuasie só ‘n ernstige onderwerp selfs treffender maak. Die siel en versugting van die boer op sy droë grond kry impetus as die digter leestekens gebruik om die gedagtes van die leser daarin te marineer. Mooi gedig met baie potensiaal. My veranderinge is slegs voorstelle en jy mag dit totaal verwerp as jy wil.

  1.   Bosveldhart

Heerlik en lieflike ritmies, amper komiese, gedig. Dit lees heerlik en jy het die wonder van rym mooi ingespan. Mooi gedoen.

  1.  Saam gebind

Soms kan ‘n digter “oorbeskrywend” wees deur die leser met ‘n warboel beelde, emosies en ervaringe te oorlaai. Ek sou hierdie gedig in ‘n kleiner kardoesie pak en sodoende poog om die leser se aandag heeldeur die vers te behou.

  1.  Kaalvoetklonkie

Ek dink jou mooi “beskrywende” gedig sou geheel kon baat by funksionele punktuasie. Die enjamiese aanbieding maak afbreek hieraan.

  1.  Gewasemde ruite

Ek vind die gedig ongeorden. Dit voel op plekke soos loshangende gedagtes wat veg vir ‘n plek in die geheel. Die vers sou ook werklik kon baat by nodige en funksionele punktuasie.

SILWER:
 

  1.  Daardie nag… 

Ek dink eerlik jy het té slim probeer skryf en daarom jou leser se aandag verloor. Waarom sê ek so? As voorbeelde hieronder:

  1.   “iemand het ons ligging verklik, op die buitewyke van die nag se glimlag”

Wat sou dit beteken? Die buitewyke van die nag se glimlag?

  1.  Waarom sou jy van inversie gebruik maak in jou 2de strofe, terwyl die korrekte woordorde baie mooier vir die leser sou lees:

“Die nag se prag ‘n felblink speldekussing
en die maan grootoog gewink het –
daardie nag het ons hoopvol gewag…”

  1.  Dieselfde patroon van inversie ook in die 3de strofe.

Jou gedig kan uitblink maar jy sal hieraan moet skaaf.

  1.  Kus van ‘n kis

Ek het nie jou titel in die gedig raak gelees nie. Ek verstaan waarop die vers sinspeel maar die gedagtes is kripties en maak nie in elke geval sin nie.

  1.  Verlangevlug

Die herhaling van Kgalagadi is steurend en help nie jou vers nie. Beeldryke verse is mooi want dit verbeeld ‘n ervaring sodat die leser ook daarin kan deel, maar, indien die digter oordadig daarmee omgaan verloor dit sy doel en raak die leser verlore in die oormaat. Jou gedig het soveel potensiaal maar jy het té veel gesteun op die gekose metafore. Soms is minder meer, en in jou geval is dit vir seker so.

  1.  Uitgepars

Keurige gedig met mooi ritme en ‘n lieflike, ongeforseerde rympatroon. Mooi gedoen.

  1.  Liefdesdans

Ek weet nie of ek van die “my beminde” herhaling deur die vers hou nie. Persoonlik maak dit afbreek daaraan. Dan ook, wie sou op ‘n wiegelied dans? Sulke dinge is belangrik om beter te oorweeg. Die res van die vers is keurig.

  1.  Poort na gister

Kyk na die woordorde (s2 l2)
eerder: “waardeur ek kon sien”
Dan, jou slotstrofe is slordig. Miskien?:
“helaas
is die slot
‘n seeroog” of iets soortgelyk.
Mooi nostalgiese vers nietemin.

  1.  Slaap

Eerstens is hierdie vers se standaard nie op par met ‘n silwerlid nie.
Hoe maak die digter ‘n afleiding dat slaap ‘n uitvloeisel van geloof is? Slaap die ongelowige nie ook nie? Ek is teleurgesteld in die standaard van die vers.

  1.  Verstrengelde harte

Wat beteken jou Voetnota? Is dit ‘n pastiche op die persoon se gedig of hoe? Ek vind die gedig geheel kripties en sonder vloei. Dit is ‘n hoop gedagtes wat sonder inspanning saamgevoeg is en glad nie mooi lees nie. Swak standaard.

  1.  Diamantgedig

Ek weet die digter wil beskrywende byvoeglike naamwoorde gebruik om die rol van die gade te verbeeld maar dit is wragtig nie ‘n gedig nie, maar eerder ‘n gelukspakkie met woorde wat hoop om ‘n vers te word. Baie swak standaard.

  1.  Waar die heiligheid naak

Die poging is mooi, maar die woordorde, woordkeuses en die tekort aan lid- en voegwoorde maak die gedig effe lomp.

  1.  Jou flenters gestof vir die mooi

Woordkeuse en woordorde kan aandag kry.
GOUD:
 

  1.  Dagdrome in absurde

Ek het glad nie hierdie gedig verstaan of geniet nie. “koe” en “loe” sou wat beteken? Toe ek die eerste sin lees is ek opgewonde, maar daardie emosie het gou verdwyn. Die vers sluit mooi maar elke en alle ander tussen-in laat my sê: “Wat de?”

  1.  Waar roosblare val

Hartseer en teer. Keurig.

  1.  net ek en jy en die see 

Heerlike beelde ‘n mooi aardse en versorgde vers.

  1.  Introspeksie

Dit is ‘n slim vers. Mooi gedoen. Die prisma as beeld van die introspektiewe toestand is baie mooi. Welgedaan met mooi beelde.

  1.  My hemelse straat

Heerlike en lieflike ritme in hierdie vers. Mooi beelde en ‘n keurige vers.

  1.  Vanselfsprekend

Wat ‘n pragtige herinnering dat ons vergeet om dankbaar te wees in die kleine en sodoende in die grote geseën kan word. Keurige vers.

  1.  In ‘n koffiewinkel

Aardse en teer vers. Mooi waarbemingsvermoë.

  1.  Vrede

Kort en kragtig. Die beeldrykheid het my as leser ook na die stukkie strand meegevoer. Keurig.

  1.  Winterfront

Pragtige gedig wat so mooi teer aanmekaar getimmer is. Hoekom is hartseer soms so mooi in die hande en pen van ‘n digter? Snaaks nê? Keurige vers.
MENINGSTUKKE:
 

  1.  Geboue van vleis

Die verpersoonliking van geboue as mense is interessant. Let op jou struktuur. Vermy té veel kort sinne. As jy ’n emosie as ‘n persoon wil voorstel moet jy dit eerder in “aanhalings” doen anders kan die leser maklik verward word. Jy skryfstuk het potensiaal maar ek sal bietjie daaraan skaaf.

  1.  Die dood van ‘n kind

Die hartseer hierin is tasbaar. Jy het dit mooi verwoord.

  1.  Bosveld kaskenades

Komies. Let asseblief op spelling.

  1.  Skatryk

Kort en kragtige mening met baie waarheid daarin. Mooi geskryf. Let net daarop dat jy die oorgang van een na ‘n ander gedagte beter staaf.

  1.  Slegte goed en goeie mense

Dit is ‘n filosofiese konundrum hierdie. Ek dink jy het mooi omgegaan met jou mening en die gedagtes. Netjies geskryf.
RUBRIEKE:
 

  1.  Resep vir geluk

Onthou, “verseker” het te doen met onderskrywing en kontrakte. Gebruik eerder “vir seker” wat iets beaam. Let op spelling. Netjiese rubriek.

  1.  Toe ons nog kinders was

Let op spelling. Netjiese rubriek.

  1.  Leer my

Dit is die vraagstuk van ons tyd. Mooi geskryf. Let op punktuasie. Twee gedagtes in een sin behoort met leestekens aangebied te word. Keurig.

  1.  Die groot woord: verhuising

Keurige skryfwerk. Netjies aangebied.
ARTIKELS:
 

  1.  Mensehandel

Baie netjiese werk. Goeie navorsing en baie keurige aanbieding.
VERHALE:
 

  1.  Fob boere

Gebruik punktuasie in jou Verhale. Dit maak die lees daarvan makliker. Ontwikkel jou karakters beter sodat die leser darem ‘n agtergrond kan vorm. Jou verhaal is keurig nietemin. Wie spreek luisteraars aan in ‘n geskrewe verhaal? Dit is mos nie ‘n hoorbeeld nie.

  1.  Pastoriehondpenarie

Histeries en komies. Heerlike verhaal. Welgedaan.

  1.  Sending verlangekraal

Goeie en keurige verhaal. Baie mooi vertel. Welgedaan.

  1.  My Oupa-pa

Pragtige verhaal. Ware Verhale maak altyd goeie leesstof. Keurig geskryf en baie goed vertel. Welgedaan.

  1.  Ouma se geheim

Netjiese verhaal. Mooi vertel. Mooi geskryf. Welgedaan.

  1.  Die raaisel

Heerlike verhaal met ‘n lekker raaisel wat ontbloot word. Netjies en keurig geskryf. Welgedaan.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak