Jongste aktiwiteit:

MEDEMENS , BROOD EN LIEFDE

360 woorde

Bronsgradering

Ek dink ons almal is afhanklik van mekaar. Wat ons sê en hoe ons reageer maak deel uit van ons alledaagse bestaan.
Iemand vertel vir ons iets en jy reageer spontaan.
Dit is nie noodwendig ‘n positiewe reaksie nie.
Mense kom mekaar te na en skindertonge het die manier om negatiwiteit te saai oral waar hulle gaan.
So kan ‘n mens jouself klassifiseer . Samaritaan of blindemol.
Jy weet daardie aksie as jy vinnig wegkyk of jou venster opdraai by ‘n verkeerslig  as iemand jou nader wat duidelik ‘n probleem het .
Of praat jou hart afrikaans . Dis ‘ n liefdestaal vir jou medemens.
Kyk jy verby die stukkende klere in kinderogies wat smeek en vra. Raak die smeking gebed sonder woorde die snare van jou hart?.
Hoekom ignoreer of hardloop mense weg van iemand wat hulp vra ?.
Dis asof ‘n arm mens melaats het. Asof dit aansteeklik is.
Ons liefde vir mekaar moet aansteeklik wees. Die uitreik aksie moet oorweldigend wees, maar die mensdom het homself op ‘n troon van hoogmoed gesit. Die groot ego is gepoleer dat dit blink nes die sport motor in die parkeerterrein .
Weet jy hoeveel vreugde jou menswees ervaar om iets van jouself saam met die stukkie brood weg te gee. ?  ‘n Mens noem dit naasteliefde.
Ek waarborg jou dit is lekkerder as spookasem , jou duur cappuccino of die aangeplakte mombakkies by die spa.
Hierdie gevoel is gewaarborg dit sal jou nooit teleurstel nie. Jy ken mos teleurstelling, jy weet as die boutique nie jou grote het in die nuutste paar skoene nie of die wind wat jou vyfhonderd rand se kapsel deurmekaar waai.
Dit word onder teleurstelling geklassifiseer.
Het jy al ooit stil in jou motor gesit en ‘n straatkind dopgehou ?.
Die liggaampie wat hy skaars kan regop hou van honger, die handjies teen mekaar, ‘n smeking sonder woorde in sy gebed. Die dowwe oë wat skaam deur jou kyk want hy is al hoeveel keer verneder.
Soveel mense kruis sy pad, maar min reik uit want die lewe het hom reeds veroordeel. Die mensdom doen God se werk om te oordeel en terselfder tyd te straf.
Jy kan die wêreld nie alleen verander nie, maar ons kan by onsself begin en ‘n klein verskil maak in ons samelewing.
Kry jou gewaarborgde beloning vandag en reik uit na iemand sonder dat hulle hoef te smeek en vra.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed