Met hande in die hare.
Harte wat popel
soos ʼn voël wat weg fladder
verlate en naak
voor geslote harte.
Met julle eie selfsugtige liefde
sit ouers met verwronge ideale
in eie drange en verdragte
met geen oplossing.
Toegedraai in julle purper
met materiële as jul juwele
kry ons geen aanvaarding
van julle selfsugtige harte.
Verwaarlose jeugdige kinders
met hande in die hare
al begeerte waarna ons verlang —
is ʼn oop warm hart.
13/06/2014.
6 Kommentare
-
-
neels
arnold so leef so baie op die strate in hierdie koue winter. Hierdie werk laat mens net weer besef om jou voorregte te tel en dankbaar te wees
-
Evelyn van der Merwe
Ek ditto vir Neels hier. Goeie sosiale bydrae.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ai man hoe tragies! Jy raak 'n teer saak hier aan en doen dit goed.