Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: MET YS JA!

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 14 September 2021 Aantal woorde: 194 18 Kere gelees 1

Vandag het die kraaie behoorlik
hul kakebene uit lit uit gegaap!
Ai dit was só sweterig warm,
dat ek heeldag net wou slaap.
Met die waaier op hoogste versnelling;
die deure en vensters wawyd oop,
het ek lê en snork en snak en slegwees,
van ál my ou kraggies gestroop.

Van dors het my tong behoorlik
teen my verhemelte vasgeklou
en was ek nou vir jou moeg!
gevoel ek word strakkies flou.
Maar toe ontdek ek die wonder
van yskoue suurlemoentee…
Met ys ja! en was dít nou ‘n lafenis,
dit het my daai tweede asem gegee.

Net soos die vinnige asemteugies
van ou Fifitjie, my honde-kind
wat nét so warm gekry het
voor die venster, soekend na wind.
Later met tongetjie wat uithang
met ‘n ge”e-e-e, e-e-e, e-e-e”
plat op die koue vloer met haar lyfie,
het sy maar tjoepstil bly lê.

Wees dankbaar, sê ek vir myself,
die somer gaan weer verby.
Dan kom die herfs en winter
en gaan jy weer lekker koud kry!
Waardeer dus elke seisoen
wat na jou toe kom…
Ook dié in jou eie lewe,
want dis hoe jy groei en blom.

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 30
Kommentaar telling: 1

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 140 gaste aanlyn

Bydraes – Argief