Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Misluk

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 2 Julie 2021 Aantal woorde: 66 230 Kere gelees Hou van

die hande eelte
naels swart om rante
grondstof bewerk
die uitkoms
krummels op eettafels

die hande kabels gespan
naels grys kort versorg
ure lank note gespeel
die uitkoms
musiek oor geraas

hande sag maklik seer
naels wit kort gebyt
klikblaai oor data
die uitkoms
wysheid oor chaos

hande werk
naels modieus afgeslyt
met graaf, klavier, rekenaars
ongeag arbeider, kunstenaar…
die uitkoms
armoede oor dié wêreld




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 570
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 218 gaste aanlyn

Bydraes – Argief