
Mosaïek tyd
Mosaïek tyd
*
Ek is die argitek van my eie uurglas
met soveel mis opvattings in strik uur,
in my tydskaal lê my plek leeg en faal
wat ook vol windbarste voor my ontplooi.
¨
Daar is twee onvermydelike tydsone:
my kortstondige en die ewigdurende tyd,
my eie tydsone is beperk tot eie gewin
met blywende tyd wat g’n terugdraai ken.
¨
In elke nuwe sekonde wil ek kastele oprig,
in elke verbrokkelde een ʼn mosaïek bou,
uit my flaters en dit waarvan ek nie weet…
hoe sal ek begryp wat lê anderkant van weet?
¨
Gewis, tyd is tog my beste vriend,
laat my toe om verlore tyd
terug te koop, tot U eer.
*
©Arnold
29 Junie 2024 om 11h52
Foto, The Neuro-Coach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek