Musiek vir my siel.
Die siters van die wind
is my inspirering
kom nestel dit in my siel
tussen trane en drome.
al ritselende
kom lê jou musiek in my ore
in kristal gevoelens
rittel my innerlike vensters
onder die woestyn lugspieëlings
floreer my hart in jou akkoorde
blom die amandelboom
vir nog baie jare.
4 Kommentare
-
-
Anze
Hierdie is n diepvat gedig... pragtig gepen Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Mooi Arnold, veral: 'in kristal gevoelens'! Puik vergelyking.