My geliefde vrou.
O jy, O jy; wat kom woel,
aan ʼn hart so vol van ongeloof,
om te sê hoe jy voel.
Al wankel my bene onder my gemoed,
en ander se jaloesie groen van gloed,
staan ek orent met ʼn hart vol moed.
Soos die dag deur môre vervang,
groei ʼn hegte band tussen twee harte,
so word my innerlike ʼn slaaf van jou hart.
Al gloed die manne se wange rooi,
jy is nou my nooi,
en later, my geliefde vrou so mooi.
30 junie 2014.
4 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Met trots en liefde gepen. Knap gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtige ode aan sekerlik n wonderlike vrou