Jongste aktiwiteit:

My liddorings Woorde 511

My liddorings

*

Aan die gesigseinder se vae grou … sweef ʼn onheilspellende vlieswolk stadig verby. Hier het al die onthou-dae se tekens van ontberings van uitrafeling onvermydelik al meer geword … dit was nie meer my agenda boekie se blaaie waardig nie.

Hierdie twee paar voete met sy pynlike liddorings, wat hul gemak gevind het in hierdie duursame velskoene se verweer, lê binne en sowel onder die sole van die velskoene se verslyt. Nooit sal die verweerde of verslyte stukkies gevind word, in hierdie holderstebolder wêreld wat onophoudelik voortsnel, langs immergroen en verlate dor snikhete paaie.

Die lewe se dor uitgedroogde sooie lê in verspoelde ontberings en emosies wat gedurig nuwe slik langs my lewensoewers byvoeg. Die seeroog is net daar om elke positiewe groei te versmoor deur mense se geil-spek-woorde, wat geen horisonne ken nie … dan word ook nie gepraat van hoe florerend dit ook nog blom. Daar was vet en maer seisoene wat deur die jare al hoër en hoër opstapel, in ʼn samelewing waar almal ook iewers wil kom. Die ongemak onder al daardie massa druk bly geensins onveranderd. Al werk ek hoe hard om dit te vermy, kry jy tog daardie spesiale een wat uit gelit bly sonder enige sinchronisering.

Wie ken daardie sensasie … waar Moeder Natuur ook die kuns ken om met enige kreatuur in aanvoeling te kom, al ken jy nie al haar verskuilde agendas nie? Sommige mense se woorde is erger as enige aardbewing se atoom-plate. Die skudding ruk en plunder elke moontlike vreedsame harmonie tot in chaos. Daardie onverwagse-woord-stortings bewys geen genade en sleep alles mee wat in sy pad lê tot ongenaakbare skeure en letsels. Die skade is soms so erg dat die oorspronklike individualiteit onherkenbaar verander word.

Die vraag bly altyd, in menige gevalle, slegs onbeantwoord of halwe waarhede. Hoe vermy ek ander vreemde wortels se opdringerigheid en grille op my eie lewens-hoop? Daardie hoop van my word onomwonde bevraagteken of verkleineer. Daar is oor as genoeg vreugde en hartseer trane wat hier opgeslurp word vir die teendeel van harmonie in my lewensakker. Ja, hierdie lewensakker wat met soveel energie en besorgdheid vertroetel word … word onomwonde vertrap en met bitter-woorde gesmaad deur kreature wat g’n vooruitgangswaarde meer in die lewe oor het nie.

Ja, die lewe se rotasie tussen stagneer en ontdek lê legio vêr in die toekoms, nie net vir my alleen nie. Die keuses wat gemaak word se sukses, word toegeskryf aan hoeveel energie en toewyding elk daarin ploeg, sowel as die kwaliteit van my beperkte tyd.

Gewis, is daar feite en nogmaals feite oor my DNA se selle wat nie kan standhou teen tyd erosie, egter pla dit my geensins. Die gedagtes kan dalk jonk bly in hierdie lewe wat net bly voortsnel … ongelukkig het my oudword gekom by kruispaaie van wedersydse aanskouing, waar my tyd se stertvere nie meer in tel bly by mense met neerhalende oë.

Dit is soms goed om deur my vyand se oë te kyk, en op te merk waar lê al my tekortkominge in hierdie gewaagde lewe met soveel potensiaal.

*

©Arnold

15 Des 2023 om 8h30




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed