Jongste aktiwiteit:

My paradys

onder jou skaduwees
rus ek my moeë gemoed
en ek deel my stukkie brood met jou
uit ‘n flessie van jou beste wyn
les jy my sielsdors
en skryf my hart sy gedig
tussen die duine van jou lyf
jy is my oase
want jou woestyn
is paradys vir my

©Jessica Venter
24/10/2019

Inspirasie vir my gedig:
Die Rubáiyát van Omar Khayyám. Volgens die Engelse bewerking van Edward FitzGerald in Afrikaans oorgesit deur C.J. Langenhoven. [Kaapstad, Nasionale Pers Beperk, 1923]

KWATRIJN XI
‘n Snytjie Brood hier waar die Skaad’wees sprei,
‘n Flessie Wyn, en ‘n Gedig – en Jy
Hier by my om te sing in die Woestyn –
En die Woestyn is Paradys vir my.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed