MY *TWANKA LIEFDE.
ek loop handlangs bo-oor jou vel,
verkluim onder minder son
terwyl ek jou ervaar in jou asem
en iewers in jou hande
die maan kan vashou
met my oë.
‘n trop wilde perde ry my gedagtes
uit oor jou vlaktes,
en versamel dan
om die drinkwater van jou liefde.
ek en jy sal te voet
berglangs na stiller plekke gaan,
saam met arende vlieg
en bo-oor kranse kanse
waag saam met klipspringers
wat ewig twee-twee
tree oor hulle hoogtes.
Ons wag saam op die wind
om in ‘n oogwink in sy storm,
hoër te gaan.
* dorsland
MCDb.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.