Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: NȆRENS IS MEER STILTE NIE

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 13 September 2021 Aantal woorde: 199 26 Kere gelees Hou van

INTRO

NȆRENS IS MEER STILTE NIE. . .
NȆRENS IS MEER
STILTE NIE… X 2

VERS 1

MOTORS TOE-HOE-HOET! OP STRAAT
MENSE HUIL EN LAG EN PRAAT
SKARREL HIER EN DAARNA TOE
EN WEET NIE MEER ALDAG HOE
DIE LEWE RAAS, DIE LEWE HAAS
NIKS WORD MEER IN PERSPEKTIEF GEPLAAS
DIE HORLOSIE TIK! TIK! TIK! DIE TYD VERBY
EN DIS ASOF NIEMAND S-T-L-I-L-T-E KAN KRY

DIE LEWE RAAS, DIE LEWE HAAS
NIKS WORD MEER IN PERSPEKTIEF GEPLAAS
DIE HORLOSIE TIK! TIK! TIK! DIE TYD VERBY
EN DIS ASOF NIEMAND S-T-I-L-T-E KAN KRY

NȆRENS IS MEER STILTE NIE. . .
NȆRENS IS MEER
STILTE NIE… X 2

VERS 2

KOM ONS ONTVLUG, VAT MY HAND. . .
SAAM GAAN ONS NA VERBEELDINGLAND
VER VERBY DIE SON EN MAAN
EN DIE STERRE SAL ONS GAAN
LAGGEND DAAR DEUR DIE MELKWEG GLY,
TUSSEN DIE BLOU-WIT WOLKE VERBY
WAAR ONS LIEFDESGEHEIMPIES DEEL
EN SORGVRY IN WIND-S-T-I-L-T-E-S SPEEL

LAGGEND DAAR DEUR DIE MELKWEG GLY
TUSSEN DIE BLOU-WIT WOLKE VERBY
WAAR ONS LIEFDESGEHEIMPIES DEEL
EN SORGVRY IN WIND-S-T-I-L-T-E-S SPEEL

NȆRENS IS MEER STILTE NIE. . .
NȆRENS IS MEER
STILTE NIE. . . X 2

STILTE

S-T-I-L-T-E . . .

Liedjieskrywer en sanger: Vonnie.

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 30
Kommentaar telling: 1

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 144 gaste aanlyn

Bydraes – Argief