ʼn Fluisterstem in die winter.
Ek is in die lente van my jeug
lewenslustig in die broosheid,
dra ek my lente blommetjies
vir my toekomstige lewensmaatjie.
So groei ek sterk en geil in die somer
en lewer my vrug in oorvloed
in die aanskouing van my kroos
as erfenis vir hul behoud.
Pluk ek die vrugte in my herfsjare
geniet ek dit in terugblik van my sweet
die lewe was ook die moeite werd
aan kleinkind en huisgenoot.
Die lewenswinter in die hart
wat nou flou skyn deur die siel se venster,
met ʼn smeekstemmetjie wat fluister
dis geensins die rugkant van die lewe.
8/6/2014.
10 Kommentare
-
-
Koekekranka
Arnold, hier skryf jy my los van die oudwordstam want ek sien oral nog die moontlikheid van nuwe uitlopers uit dieselfde ou stam... al is dit dan ook nou maar net in die kop! Mooie werk die!
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Hard gewerk en geywer vir jou familie, dan kan jy gerus die vrugte van jou toewyding geniet!
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Winter nostalgie projek
-
Kiekies
Baie goeie gedig, ja!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
So is elke mense se lewe net soos die natuur.