Jongste aktiwiteit:

‘n Kardoesie vir Vyfsent

Laat my gedagtes saam met jou kreukel
tot lankgeleë se voetloop, se mooi, se onthou…
onthou van sorgloos, kindwees, lag –
lag oor lekker en nie hierdie ewige wag.

Onthou jy die Griek in ons armbuurt?
Já die een op die hoek…
met sy ronde glasbottels lekkergoed,
gevul met Appelkosies, Wilson toffies en Chappies,
ja ‘n kardoesie vol vir vyfsent se soet.

Onthou jy ons lag tussen skoppelmaai
en die soekende blikaspaai
met tok-tokkie en ons bomeswaai
en ons kieste al kouend uit jou kardoes?

Wanneer jy so saam stap… onthou jy vir Ma?
Ma met haar kardoesies pillerasies,
‘n gekreukel en gekraak tot groot konsternasie
in die middel van die nag as die bene spring
en Parkinson’s sy opinie wil bring.

Kardoesie… nou’s jy skaars in ons grootmens gejaag
waar ons kwyn tussen kommer en vergeet,
vergeet van die kind in ons wat kon lag
sonder die gewag vir ‘n kardoesie vol geluk.

Nou soek-soek ek my pillerasies
in jou kreukel kraak kardoesies,
kardoesies van plastiek,
kunsmatig die “nostalgiek”.

©Cornien Naudé
31/05/2019




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed