
‘n Kintsugi slakkie
Die lewe sout
Op die slak binne my
Stadig, stadig seil ek deur die lewe
Vol sere
Trane vloei diep binne my
Die wal van my hart gebreek
Die water dreig om uit te stroom
Maar huil mag ek nie
Val, rol, val
Val, rol, val
Die mense speel tol
Met my eens kosbare lewe
Gebroke, my hart porselein
In flarde, stukkies fyn
Neergesak, uitgeput
Leweloos met n hartklop
Moeg, sonder n dop
Geen privaatheid
Geen hoop
Hul tart my uit
“Slakkie, slak slak,
Vinniger hoor!”
Die benoudheid is n wolk,
Wat my suurstof steel
Alles raak donker
Iewers binne my ontvlam daar
Woede? Hartseer?
Hoop, lig
Brokkie vir brokkie breek daar lig
Deur die toegplakte porselein hoop
Dansende ligstrale raak my sig
N egalige skoenlappertjie
N blaartjie vir die hongersnood in my siel
Want tog sal die Here my nie verlaat
Hy tel my op
Neem die duisende stukkies porselein
Versigtig, o so versigtig
En smeer goue heuning om elke rand
Van donker na lig,
Val na dans,
Gebroke na heel,
Sout na suiker.
N kintsugi slakkie is ek,
In hoop vir die om my
Van die Groot Hand se goedheid.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.