Jongste aktiwiteit:

Naherfse liefde.

Sou liefde net in die lente bloei?
Liefde bloei ook in die naherfs!
Waar liefde kraaknuut en opwindend gloei,
hulde bring aan elk herinnering so mooi
saam met metgesel gestap na die herfs.

Hierdie pad se lengte; nie net in jare bereken ―
maar ook in daad van opoffering en toewyding,
wat die lewe verryk sonder enige berekening.
Innige dank: toe ons jonk was in lawwe liefde,
voortvarendheid in die stuwing van ons liefde.

In ekstase, opgewonde en gevlei,
waaghalsig en selfs onverstandig,
net om die liefde te bewys so ontydig.
As ons tog kon, vandag nog dieselfde woorde vlei
dade herhaal wat tans met waardering bejeën word.

Dit is die bewys van groei,
wat met wysheid getuig.
Diep in ons harte kan ons getuig,
dat die naherfs liefde net so mooi…




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak