Jongste aktiwiteit:

Neon ligte Woorde 776

Neon ligte

*

Sommige mense het al hulle hoop in hierdie wêreld verloor. Vir diesulkes is daar nie meer veel uitdagings om in die gesig te staar nie. Ken ons, wat so sorgvry deur die lewe gaan, werklik die ellende van hierdie mense? Dalk het u al die volgende gehoor … ek het gewis al gehoor waar kinders letterlik met hul hande in die hare sit en bitterlik ween-sê: “Hierdie loot se penwortel pryk nie in sy edelheid uit, om te kan spog nie, wát nog om vrugte te dra.”

Vir die nóú … dring dit nog nie tot my deur wat hierdie vars gesproke woorde beteken nie. Amper onhoorbaar prewel hy verder. “Dis ʼn weer-probeer uit vreemde jolyt…” Daar kriewel ʼn vreemde knop in my keel. Dis moeilik om te begryp wat hy wil sê met hierdie skrapse inligting.

 

Ek was ook in my fleur, maar nie soos hierdie verlore straatkind nie. My gedagtes dwaal om daardie plek te soek … waarvan hy praat ‘waar straatligte skyn oor skurwe lewensweë wat lei na die oorverdowende jolyt en verblindende neon ligte’. ʼn Lustige wêreld plesier … wat oor en oor struikel in dieselfde plesier.

Ek het eers met my gedagtes deur die samelewing probeer reis en dit was onsuksesvol gewees. Om te loop sou ʼn onbegonne taak wees. Ek het ʼn motorfiets gekoop om onder my boude te pas, opsoek na daardie … ‘peperduur toegang waar rook en damp jou longe versmoor’.

 

Die aand was nie meer so jonk en die jolyt het elke siel hier binne in beswyming gebring. My hart voel of hy vasgedruk word met al die geraas in die ore. Is die moontlikheid daar dat ek dalk te eng of met oogklappe grootgeword het … in ʼn wêreld waar flaarsies en wilde ghwarre die wilde sperma kom plant, met geen beskerming in die nóú?

Soos die sekondes deur die nag verbyvlieg om nooit weer terug te keer … het ek gesien hoe hierdie tydelike aanhangsel soos daardie sekondes verdwyn, om net weer later so uit die niet te verskyn om tussen jolyt en drank … daar hang ʼn vreemdsoortige stigma in die lug vir die laaste vurige gevry en om daarna vaarwel te roep. Hier in die harwar van uiterste lawaai … kom my ore vaagweg iets te hore … “Hoeveel is al weer losgelaat in die vrugbeginsel se een-weg-kanaal, ʼn mededinging tussen duisende na die enigste kolskoot … om te dien as toekomstige teiken?”

 

Ek is gewis ʼn groentjie in hierdie deel van die wêreld, jy kan sê; nog nat agter die ore … nou wonder ek of ek al weer iets verloor het in die bespreking. “… ongevraagd vasgevang in ʼn dam van vrugwater se trilling.” My kop voel die onophoudelike Babelse verwarring van skel stemme. Die lug hang swaar in die atmosfeer. Is dit die soort voeding wat my bedwelm met vergiftigde suurstof?

Stadig dring dit tot my deur wat daardie veertien jarige verlore seun by die park aan my wou vertel. Hoe sleg is ek om name te onthou. Net so sleg om te onthou … daar aan die buite kringe van my bestaan … bestaan daar wel mense met gebroke harte.

 

Ek weet nie van jou … ʼn mens bly maar ʼn mens wat na standvastige dinge soek. Ek voel ook die angstige hartklop vir my skamele lot. Dinge wat ʼn mens najaag en jy weet nie wat die uiteinde daarvan sal wees nie.

Daar is dae wat net te kompak is om in te lewe. Hoe graag gryp ek in daardie dae na reënboogkleure om my eie dag in te kleur. Is dit die soort harmonie wat op my beskeie lewe wag … of is daar ʼn ander soort wêreld waarvan vergete is?

Daar blyk net een woord te wees … word ooit aan my gedink … of aan selfsugtige eie waan wat ook die een of ander tyd vir ons grense getrek gaan word? Wat het van menswees geword?

 

In die moderne lewe word geglo, waar mense graag wil glo, hy het die enigste reg om te besluit oor ander se lewe.

Ons almal was in hierdie wonderwerk vasgevang. “Ek hoor jy word moeder, maar jul dink ek’s net ʼn fetus…” Dis hier waar ek geleer het hoe ma oor my voel en dink … al is ek nog ʼn fetus wat stadig ontwikkel.

Die lewe het twee kante om te wys. Ek is die gelukkige een om aan die mooi kant van die lewe groot te word. Dan is dit daardie kinders wat op verspoelde en verdraaide weë moet grootword, ander weer … ʼn wese ‘fetus’ verloën tot ewige hel, geen geleentheid word hom vergun tot redding.

*

©Arnold

19 Maart 2024 om 13h30




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed