Net eenmalig. Woorde 99
Net eenmalig
*
Jan-tuis-bly is nie altyd die perfekte heimat om opgewonde te raak om die lewe te ontdek. Soms wink daar ʼn gedagte so uit die bloute … na die dormante brein … Die Boeing 747 lig sy neus in laat-karmosyn se kwynende sfeer. Dis ʼn dodelike 14 ure se motoriese geraas in die ore, terwyl die lewe ononderbroke verby snel. Die dorre aarde is deurkruis met eeue se erosie, so ook my gemoed in hierdie stonde. Daar was g’n manier om my innerlik-teleurgestelde-battery te herlaai … net omdat my Nikon Coolpix P1000 se batterye skielik aan anoreksie begin lei het.
*
©Arnold.
21 Nov. 2024 om 11h56
Fotograaf: Eie foto SA 2017 No: 025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek