Net ʼn fraksie van weet.
Dit wat ek weet, is net ʼn fraksie van weet,
vanuit die verhewe yltes
waardeur die groot intelligensie sweef
sien ek met minagting op ander neer.
In die panorama van delegeer
word talent en trou teen die maer swepe
van beoordeling geweeg.
Waar ek skuil in die skaduwee van weet,
van díe wat weet en minder weet,
of wéét op watter braak-land van weet,
en minder weet waar ek my begeef.
Moet ek die onbekende van weet
ontgin ten alle koste.
Wie sal onthou word
vir hul spesiale vermoëns van weet?
4 Julie 2014.
4 Kommentare
-
-
Anze
puik gepen Arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
arnold ons verstand is te klein om alles werklik te verstaan