
NET N MENS
Maar net n mens. Dis Al. In die psigiatries hospitaal of inrigting is geestes versteurde mense. Of sommer die malhuis of groen dakkies vir die meer stereotipe mens wat n opinie oor alles en almal het behalwe oor sy eie lewe.
Is depressie n siekte of moet jy jouself regruk ? Dis ook n steriotipiese antwoord wat geen kennis van die onderwerp dra nie en wat se eie persoonlikheid grens aan narsisme want net hulle het die reg op n opinie en net hulle is reg. Dis daardie tipe men’s wat almal afkraak as hy nie saamstem nie want dis net hy , sy ego en opinie wat saakmaak.
Die mense in n psigiatries hospitale en elkeen wat hier buite rondloop met angs en depressie is nie melaats nie hulle het geestelik en liggaamlik te lank dinge vir hulleself gehou. Te lank was hul verneder en gemanupileer en beskuldig dat hulle begin glo het wat van hulle gesê word. n Hond wat elke dag geskop word gaan eendag opspring en byt. Ongelukkig is ons net mens met emosies dan bly jy stil om die vrede te bewaar en in daardie proses kom jy jouself te na in n selfvernietigende proses.
Engele huil nie. Die wat jou laste dra en alleen huil dis die engel wat jou bemoedig terwyl hul eie harte bloei. Mens moet introspeksie hou en prioritiseer wat belangrik is en wat nie. Die “wit geraas” is n terme wat gebruik word voor n mens in duie stort en dit nie meer kan hanteer nie. Dis alles wat jou emosioneel uitput. Sekere mense het voorwaardes en hulle is net eenvoudig uitputtend. Mens se geestelike krag is so groot soos n mosterdsaad, mens moet mooi besluit waaraan jy dit wil bestee.
Ons bly in n beton oerwoud wat veeleisende eise aan ons stel in ons daaglikse lewe. n Mens se gemoed is soos n kartondoos. Nes jou klerekas is dit nodig om dit uit te pak en net dit wat saakmaak terug te pak. Liaseer jou gevoelens en huil as jy so voel, maar voel die emosie moenie die emosie word nie. Moenie dat die emosie jou beheer nie. Voel dit, reageer, verwerk, liaseer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.