Net ʼn spikkeltjie
Net ʼn spikkeltjie
*
Sedert die ontdekking in woorde, is dit ʼn reis
wat my oor vêr waterlose horisonne voer
legendariese skrywers se woorde vloei
nog net so warm deur hunkerende harte
¨
elke dag lê die pen in my weifelende hand
met ʼn pols wat gedurig ritmies warm klop
om die nag se unieke storie neer te pen
wat net eenmaal aan my slaap-deur klop
¨
skryfstyle vloei uit uiteenlopende menings
in hierdie wêreld is ek net ʼn spikkeltjie,
woord edelheid is deur die eeue geskaaf
uit ʼn stom ses-en-twintig letter alfabet
¨
woorde dra ʼn boodskap van hartseer
emosielose geluk, tot positiwiteit.
*
©Arnold
15 Des. 2023 om 8:20
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek