Niemandskind
Niemandskind.
*
Geil in die fleur van die lewe,
hier in die stilte van die nag
met die maanlig in sy eie weë
tot die môrestond se koms;
dis die gebeure in die Heelal.
¨
Hy is ʼn eensame swerwer
met sy drentelpas se sleepvoet,
dié een is ʼn niemandskind
met stille woorde binne-in
wat wag vir die finale klaring.
¨
Ek spandeer my unieke tyd
om ʼn droom te bewaarheid,
dis weer oriënteringstyd;
dis ʼn stil-stem van stilte
wat sy bloed se vloei aanhoor…
¨
Alles is so maat- en tydloos;
hoor jy die eensame winterwind,
sien jy die swartste ster wat reis
na die koepel-hemelsfeer
in sy oneindige kosmiese sfeer.
¨¨
Die lewe is ʼn belewenis in eie glorie
met ʼn lied van volkome oorwinning.
*
©Arnold
Fotograaf: Eie foto Sauce. No 0283
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Puik gedig. Ek het dit geniet.