NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 15
HOOFSTUK 15
Net na daglig bereik die tromme geraas Raba se fyn ore. Hy hou dadelik op roei en beduie Andries moet ook ophou roei dat hy kan luister.
Na n rukkie glimlag hy en wend hom tot Andries: “Daardie twee skote het omtrent die helfte van Pirri se stat verwoes soos vonke nog hutte aan die brand gesteek het. Die tromme waarsku ander stamme om weg te bly van ons af want die wit god vernietig hutte met vuur uit sy vuis uit”.
“Dalk sal ons dan in rus en vrede verder kan reis en sal die Indian ons vermy”, is Andries se antwoord.
Hulle kom gou agter dat die ander stamme hulle wel vermy. Tot die visskuite wat hulle teëkom kan nie vinnig genoeg pad gee nie.
Die reis word nou in daglig voortgesit en wag hulle dit self om te jag om bietjie vleis om te braai te kry. Dit is net of daar geen lewe is soos hulle verder gaan nie. Snags word in die bome oornag om nie roofdier slagoffers te word nie en na n week bereik hulle die riviermond waar die rivier in die magtige Amazone invloei. Al wat verraai dat die Indiane wel deeglik bewus is van hulle is. Die tromme wat waarsku dat die wit god wat vuur uit sy hand uitskiet oppad is en dat hulle nie met hulle moet inmeng nie.
Die boodskap bereik ook Ratebe, die hoofman van Raba se tuisstam se ore. Eers wil hy dit nie glo nie maar toe die tromme aanhou verslag doen besef hy dat Raba wel daarin geslaag het om Andries op te spoor. Hy weet van Rosa wat saam gegaan het en volgens hom moes daar nou drie persone terugkom en nie vier nie. Toe hy agterkom dat die vierde persoon n Indiane meisie is skud hy net sy kop, hier kom moeilikheid.
Ratebe begin dadelik organiseer. Vier skuite moet dadelik stroomop begin vaar om hulle te gaan haal. Hy stuur ook n boodskapper Manaus toe om die berig te bring dat Raba en Rosa daarin geslaag het om Andries te bevry.
Intussen word Rosa en Nandi nou gedwing om saam te werk ter wille van oorlewing van die groep. Dit koel egter geensins die haat vir mekaar af nie en begin die uitbarsting daagliks al hoemeer dreig. Die mans moet soms hard praat om hulle uit mekaar se hare te hou maar slaag daarin om die vrede op die oppervlak te bewaar.
Vier dae later ontmoet die twee geselskappe mekaar vroeg oggend op die rivier. Groot blydskap heers tussen die twee groepe en moet daar eers dadelik an wal gegaan word om te gaan jag en die ontmoeting te vier voordat daar terug gekeer word na hulle stat toe.
Die nuus dat Andries gevind is en oppad is bereik ook die lugmagbasis op Manaus na vier dae toe Ratebe se boodskapper die boodskap bring. Die boodskapper het ook maar probleme om die boodskap oor te bring en moet hy eers n mak Indiaan opspoor wat hom verstaan en hom kan help om by die regte mense uit te kom.
Na vele ronddwaal vir omtrent die hele dag deur Manaus se strate kry hy uiteindelik iemand om met hom te praat. Niemand wil met die Indiaan in n lendeskort en pyl en boog oor die skouer praat nie.
Ramboesa sien hom raak en besef dadelik dat die man wat so in tradisionele drag hier in die strate dwaal n probleem het. Toe Ramboesa met die boodskapper begin praat verstaan hulle mekaar dadelik. Ramboesa onthou van die opslae wat die Piper wat verdwyn het gemaak het en kan hy nie glo dat daar nou, na al hierdie maande, die loods gevind is en oppad terug Manaus toe is. Ramboesa glo die storie dadelik want hy twyfel nie vir n oomblik daaraan dat n wilde Indiaan in Manaus se strate sal kom ronddwaal om n leuen te vertel nie.
Aangesien dit al laat is nooi Ramboesa die boodskapper om by hom te oornag en dan kan hulle die oggend vroeg na die vliegveld toe gaan en dit daar rapporteer.
Die oggend vroeg is hulle op die lughawe en na bietjie rondval kom hulle by die lughawe bestuurder uit. Toe Ramboesa die storie vertel en die lughawe bestuurder die wilde Indiaan by Ramboesa sien besef hy dat daar iets in die storie moet steek. Hy skakel die lugmag bevelvoerder ,brigadier Antonia de la Rocha, wat ook nie die storie wil glo nie maar besluit om dadelik lughawe toe te kom om die storie eerstehands te hoor.
Toe de la Rocha by die lughawebestuurder se kantoor kom val sy mond oop van verbasing oor die Indiaan in tradisionele drag wat saam met Ramboesa, geklee in gewone kleredrag, in die kantoor sit.
“Vertel my die volle storie van hoe dit na al hierdie maande gebeur dat die oorlewende van n vliegramp nou tevoorskyn kom en oppad Manaus toe is in skuit”, vra de la Rocha terwyl hy vir Ramboesa kyk.
Ramboesa begin die volle verhaal vertel. Die boodskapper praat ook tussen in en dan moet Ramboesa tolk maar uiteindelik ontvou die hele verhaal van hoe Andries en die Indiaanse meisie van stam tot stam geswerf het. De la Rocha besef dat die storie waar moet wees en spring aan die werk.
“Ek gaan n soekvliegtuig teen die Amazone opstuur en kyk of ek hulle nie kan kry nie. Dit gaan my n dag of twee neem om n vliegtuig met n ekstra brandstof tenk en voorrade toe te rus maar oormore op die laatste gaan ek begin soek”, deel hy die lughawe bestuurder en Ramboesa mee.
Terug by sy kantoor begin de la Rocha dadelik met sy reëlings. Hy gee opdragte en begin die werktuigkundiges n twee motorige Cessna versien en installeer hulle n ekstra brandstof tenk om die reikafstand te verleng. Nood voorrade word bestel en in waterdigte sake verpak en aan boord van die vliegtuig geneem sodat dit afgegooi kan word as hulle die skuit kry. De la Rocha wil hulle eers opspoor voordat hy n patrollieboot wil stuur om hulle te gaan haal.
Twee dae later is die Cessna gereed en begin die soektog al langs die Amazone op. Die vlieënier is een van de la Rocha se top manne, luitenat Jao des Pontes. Die hele dag doen hy kort kort verslag maar keer later terug basis toe sonder om iets te vind.
Des Pontes gee egter nie moed op nie en die volgende dag is hy weer in die lug om te soek. Hy laat die Cessna lag oor die water skeer wat hy met veiligheid kan doen sonder om die vlerke aan die bome te laat raak want die Amazone vloei wyd in sy patrollie gebied.
Hy is al besig om te klim om te draai vir sy terugvlug toe hy die seinpatroon in die lug sien klim. Sy oog vang die brandstofnaald vinnig en sien hy dat hy nog genoeg brandstof het om nog n slag te kan sak en terug te keer. Hy laat die Cessna weer laag oor die water sak met die hoop om te kan sien waar die sein vandaan kom.
“Carlo maak gereed om noodvoorrade uit te gooi”, is sy opdrag aan sy mede vlieënier.
Hy het net gesak toe hy die groep op die oewer sien waar hulle vir hom met die arms staan en waai.
Carlo is gereed en begin nood voorrade op die water uitgooi in die paar sekondes wat hulle het voor des Pontes moet styg om te kan draai. Na die draai skeer hulle weer laag oor die water om nog voorrade uit te gooi voordat des Pontes die Cessna laat styg om koers te kry Manaus toe.
Des Pontes doen dadelik verslag oor die radio dat hy hulle gekry het en toe de la Rocha die berig kry skakel hy dadelik die lughawe bestuurder om hom die nuus mee te deel wat die nuus met groot opgewondenheid versprei. Daardie aand weet die hele Manaus wat gaande is terwyl de la Rocha begin om n patrollieboot voor te berei om teen die rivier op te vaar om die groepie te gaan haal. Ekstra brandstof tenks moet geinstalleer word want volgens des Pontes se rigting bepaling gaan kan dit twee dae neem om die groep te bereik.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.