Jongste aktiwiteit:

O, skone Kaap.

Die Suid-Ooster van jou,
waai jy dat ek na asem snak
met jou yskoue sielsgenot
geruk en gepluk - vir wie wil jy hoon?

So verheug sy haar,
nes as ek dink sy het bedaar
markeer ek die pas net daar,
o herrie, jy waai alles uitmekaar.

As dit nie genoeg is nie,
strooi jy jou trane oor my gewaad
vir wat vergelde jy so die kwaad
om te dink ons het ʼn onweersvriend wat nie huigel nie.

Hulpeloos, uit my hart
vra; bewaar jou temperament,
spaar my die angs, aan die hart.
O Suid-Ooster, jy het ʼn temperament!

Al skuinsend wil kom lê
so asof jy liefde wil hê
met ʼn skrille fluistering sê
hoe lief jy my wil hê.

Julie 1988




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed