Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: OM ‘N BETER MENS TE WEES

Deur Vlooi
Datum gepubliseer: 14 Julie 2021 Aantal woorde: 192 147 Kere gelees 3

ek het al talle regte keuses in lewe gemaak,
maar al baie in verkeerde keuses my siel laat braak.

ek het al meer as een maal in lewe my glimlag versuim,
en verruil vir eerder nog ʼn bietjie pyn.

ek het al meer as een maal in lewe my glimlag verruil vir ʼn traan,
en vergeet wie ek is en waar kom my waardes vandaan.

ek het al baie uit my borskas uit geskree “wat is die idee!”
en my maar net weer omhels met dieselfde seer.

ek het al vriende onnodig afgeskryf,
om die eenvoud van ʼn punt te bewys.

ek was al goed vir ander wat dit nie regtig verdien nie,
dan minder goed vir die wat eerder sou.

ek loop met ander se geheime in my mou,
want ek het belowe ek sal dit net vir myself hou.

ek het al baie my siel verloor in drank,
en ure aan een net getjank.

ek wonder soms hoeveel kan ek nog probeer,
vir jou verander en tot wanneer?

ek probeer my beste om die beter mens te wees,
ek is waar ek is vandag by my self,sonder sewe dwergies of die elf




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    14 Julie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 4
Kommentaar telling: 32

//bietjie meer ek Ek bedryf my lewe intuïtief.  Ek hou van fantasieë en om uit die boks uit te dink. Soms is dit vir my moeilik om ek te wees, ek is verskriklik ongeduldig veral wanneer ek groot droom. Ek huil maklik, en ek is ʼn baie nuuskierige mens as dit kom by my “close mense” en is soms ʼn overload. Grimering irriteer my “maar my vel ook” Ek wil stil wees “maar nie vir te lank nie” En ek hou van praat, ek dink bietjie te veel!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 193 gaste aanlyn

Bydraes – Argief