OM ‘N STRUIKELBERG TE BREEK.
my siel lê intensief onversorg
geen hand of klank hier om…
net die stilte van my hart.
vlees troostend opgekrul,
terugkerend in tyd toegevou
in amnion – gekruisigdes te stil.
oë fikseer, kyk na bo.
my hand skilder ink
woorde waarin ek glo.
ek trek oor grense, verby mense,
lande, tyd
en wrede vernyd.
my liggaam word die kis
neergelê in pieke van mis.
dan breek my bergbreek aan.
rots onvergaan; onverweerd
en onbeskaamd.
stut van my struikel en ongeloof
bars in fonteine van helende hoop.
stadig staan ek op,
en sit my voete neer.
ingesluit tot teen die wand
hoor ek jou hartklop –
voel ek die warm van jou hand.
MCDb.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.