Jongste aktiwiteit:

ONGEDULD

Hoeveel emosies in ongeduld
die jakkals wat in jou gemoed in die rondte draai
stof opgeskopte leuens bedek vertroue
hande in jou hare
wat leeg gebid vol eelte moedeloos hang
hoeveel ure word in ongeduld gemeet
die telefoon wat swygend bly
altyd dieselfde niks doen antwoord
terwyl jy wag bid en weer wag
woede het n plek in die stilte gekry
hy en ongeduld is nou boesemvriende
wag ek om vir ongeduld n ding of twee te vertel
jy is mens gemaak n vreemdeling wat tyd se baas geword het
@Loret Zwarts
Bronsgradering




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed