
ONS SPORE
Ons stap skeef getrapte spore saam
spore deur suid-afrika wat wind veras
liefdevol hande was
uit ons jonk wees huppel dae
Ons huil sout salpeter trane
oor dit waaroor ons geen beheer het nie net aanvaar
die verliese wat ons onder rooi kluite moet laat gaan
Ons plak pleisters oor muf gehuilde harte
houe wat die lewe toedien
dis afskud die klippies en spieël skerwe
staan op hurkend nerfaf
Ons hande wat vereelt na mekaar soek
swoeg en sweet onder die afrika son
net die aanraking voed my siel
terwyl my hart my tree meet wat ek in jou sien
Ons liefde is in die hemel verseël
dis net ek en jy wat skeef getrapte spore deel
ek deel die kontoere van my siel
ek deel die einas wat net jy kan sien
Ek deel my spore met jou wat diep getrap stil gaan staan as jou spore met engelvlerke my op ons spore terug gaan dra
ek gaan n oseaan agterlaat wat ons spore saam my sal vat
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.