Onskuld Gevaar
in ń rots poel water
skitter klein helder sonnetjies
oor blou groen seegras
waarop vissies wei
krappies nagkar
werkies kry
oor die rots skiet water
ń spierwit laag waaronder
blou sout suig na dieper
swart bamboes bos
waar haaie jag
krewe kake
ablusi werk
ń hand ferm aangebied
goed versorg bedoel
verskans ongekende nood
in ń donker groter see
altwee trek verwoes
met son en man
krag
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.