
ONTHOU JY NOG
Die winter het suutjies nes in wegkruipertjie onder deur die voordeur homself kom tuis maak aan die kombuistafel. Die lekkerste plek in die huis waar ons in die flikkerende lamp se skaduwee die donker kan wegjaag met ons lag wat deur die huis ego. In hoeveel huise gebeur dit nog dat gesinne saam kuier om n tafel of op n mat om bordspeletjies te speel of kaarte. Dan onthou ek nog vir
“piet swartvark” en stomstreke. Dit was nie net vir die kinders nie, o nee die grootmense het heerlik saam met ons kinders gespeel.
Daar is geëet aan daai tafel, gespeel, maar die belangrikste……..daar is huis godsdiens gehou.
My oupa het na ouma afgedek het die groot bybel gaan uithaal, sy leesbril opgesit en as hoof van die huis gelees, gebid.
Dis waarlik eending wat uitgesterf het saam met die speletjies, saam met die bymekaar kom as n familie. Vandag het selfone belangriker geword. Mense sit langs mekaar, hulle gesels nie dis net selfone.
Die bybel en seënvra voor n maaltyd is vervang met toegeklapte deure en kamer etes. Niemand deel meer die kombuistafel nie. Hy is nes alle waardes wees agter gelaat deur tegnologie.
Het ons n keuse gehad, nee ons het nie.
Een ding is wel seker ons wat die kombuistafel, die riem en ma se nat vadoek geken het staan as die laaste generasie bekend wat nog respek vir ons ouers, onsself, ons naaste en ons land gehad het . Ons en die voor ons het nog geveg vir ons land vir dit wat reg en regverdig was . Ons pa’s, ooms, broers en vriende was in die weermag. Baie is grens toe. Die troepie – doepie, dae van nog briewe skryf en pakkies stuur.
As n brief lekker geruik het was dit “push-ups” voor jy hom kon kry.
Was dit alles verniet, Wie van julle wat hier lees onthou die lynstaan om die telefoon te gebruik ?.
Dan praat ek nie eers van op pas gaan en ryloop nie.
Dit is legendariese dae en n tyd wat ons nooit weer oor sal hê nie.
Ek kan net bid vir vandag se jeug. Dat God hulle hande sal vat en weg sal lei van optogte, geweld, moorde en verkragtings. Ek bid dat ons kinders nog selfrespek sal het om iewers in hierdie lewe vir hul n plek sal oop werk.
Daar is altyd hoop. As mense deure in jou gesig toeklap , onthou net God los altyd n venster oop. Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelyk maak.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek