Onthou (Klas silwer: Desember oop projek)
Onthou
ek onthou deesdae maar sleg
seker maar oor my oorsaaklike verval
tydens hierdie taktlose tydsinterval
van veselverwering en verstandsbeleg
ek raak boonop ook gou boekbabelaas
met my yl woordweefsels wat skielik stop
dis ‘n gesukkel om rym en vers te laat klop
dus volg ek ‘n ongewone trant helaas
want my onthou is soos bybelse vergiffenis
so ver verwyderd as oos van wes
en die tien praatsplae bly my pes
verse word al meer van ‘n ergenis
wat hou my letters en verse dan uitmekaar
so stil en stom en angsvallig
dalk is ek maar net
god en bedelaar
tegelyk
(C)MCH
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.